PRAAG ontvang antwoord van UNESCO oor vernietiging van Afrikanererfenis

Deel op

PRAAG het so pas ‘n antwoord van die Verenigde Nasies se kultuurliggaam, UNESCO in Parys, ontvang. Die Pro-Afrikaanse Aksiegroep het weereens ‘n klag by UNESCO aanhanging gemaak ná die jongste vlaag aanvalle op Afrikanerstandbeelde op kampusse.

“Die ANC-bewind, asook die radikale groepe in die land wat ons standbeelde en ander erfstukke aanval, is besig om strydig met plaaslike en internasionale wetgewing op te tree,” sê dr. Dan Roodt. “PRAAG is ook bekommerd oor versamelings van boeke en skilderye wat in biblioteke en museums gehou word en wat insgelyks die prooi van marxistiese revolusionêre bendes soos dié van die EFF kan word. Ook dít is aan UNESCO oorgedra.”

cr_swart
‘n Standbeeld van oudpres. CR Swart word op die kampus van die Vrystaatse Universiteit gevandaliseer terwyl die polisie passief toekyk

UNESCO het die wens uitgespreek dat ‘n “oplossing op nasionale vlak deur dialoog tussen gemeenskappe gevind kan word”. PRAAG se klag is aan Suid-Afrika se permanente verteenwoordiger by UNESCO oorgedra.

Die aksiegroep het reeds verlede jaar ‘n klag by UNESCO teen die ANC-bewind aanhangig gemaak op die stadium toe die Krugerstandbeeld in Pretoria gevandaliseer is. Die organisasie sukkel egter al ‘n jaar lank om met die departement van omgewingsake, wat met UNESCO skakel, te kommunikeer aangesien die departement weier om Afrikaans te gebruik. PRAAG sal egter binnekort ‘n dringende hofaansoek bring om die departement te dwing om erkenning aan Afrikaans as amptelike taal te verleen.

“Die kommunikasieprobleem met omgewingsake belemmer ons aksie om Afrikanererfenis van vandalisme en vernietiging te red,” sê dr. Dan Roodt van PRAAG. “In teenstelling met die ANC-bewind, kan mens gemaklik met internasionale organisasies kommunikeer aangesien hulle streng by hul taalbeleid hou en veeltaligheid handhaaf. Tot dusver het ons alle briewe aan UNESCO in Frans gerig, aangesien dit een van die amptelike tale van dié liggaam is en dit boonop in Parys gesetel is. Die ANC-bewind regeer vanuit Pretoria, ‘n Afrikanerstad, maar ken blykbaar geen woord Afrikaans nie. Vreemd. Ek is egter vol vertroue dat die howe ons gelyk sal gee dat Afrikaans nie in 1994 opgehou het om ‘n amptelike taal van Suid-Afrika te wees nie.”

PRAAG skakel met verskeie buitelandse regerings in ‘n poging om hulle by die reddingsaksie vir Afrikaanse erfenis te betrek, maar ook om tussen Afrikaners en die ANC-maghebber te bemiddel. “Ons bekyk tans die idee dat aspekte van Afrikanererfenis ook gedeelde erfenis met Europese lande kan wees,” het Roodt verklaar. “Die revolusionêre afro-marxistiese bendes is dus nie net besig om óns erfenis te vernietig nie, maar ook dié van Europa. Ons doen ‘n beroep op alle pro-Westerse groepe wêreldwyd om ons in ons stryd te ondersteun.”

Die aksiegroep is veral optimisties dat die veranderende politieke klimaat in Europa en die VSA pogings om Afrikanererfenis te red ten goede sal strek. “Mnr. Trump se gewildheid in die VSA, asook nuwe regse regerings in Oos-Europa, toon dat die tydvak van Westerse dekadensie ten einde loop,” sê Roodt. “Binnekort gaan die swartman in Suid-Afrika nie meer oor ‘n vrypas beskik om vanweë sy rassehaat vir die blanke ons standbeelde aan te val, of boeke en skilderye te verbrand nie.”

PRAAG blameer ook die hoofstroommedia vir die klimaat van onverdraagsaamheid wat daar teen Afrikanerkultuur en -erfenis geskep is. “Joernaliste in die HSM blaas die haat aan en juig as Afrikanererfenis gevandaliseer word. Ook word streng sensuur gehandhaaf oor enige pogings tot die teendeel: om Afrikanererfenis te red of te bewaar. Die alternatiewe media sal egter oor die beweging teen vandalisme en afro-marxistiese vernietiging berig. En iewers in die toekoms moet vandag se meelopers wat soveel haat en vernietiging teen ons aanblaas weens hul misdade teregstaan. Hulle gaan nog boet,” sê Roodt.

 

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.