Soos Nelson Mandela, of nie…

Deel op

Niger, die arm uraanryke land, se president Mahamadou Issoufou het 92 persent van die stemme in die omstrede tweede rondte verkiesings, wat deur opposisiepartye geboikot word, op hom verenig.

Die amptelike verkiesingsuitslae is Dinsdag bekend gemaak.

Sondag se verkiesing is deur ’n lae stempersentasie gekenmerk en die verkiesingskommissie sê Amadou kon net sewe persent van die stemme op hom verenig.

Issoufou se enigste teenstander, Hama Amadou, is sedert November in aanhouding weens ‘n wankelrige klag oor sy betrokkkenheid by babahandel.

Amadou moes van agter tralies sy veldtog voer nadat hy op 14 November in hegtenis geneem is op ‘n klagte wat allerweë as vals beskou word.

Hy het boonop enkele dae voor Sondag se verkiesing vir mediese behandeling na Frankryk gevlieg.

Amadou, die opposisieleier, het aanvanklik nie gelyk of hy die tweede ronde gaan haal nie.

“Van die gevangenis na die presidentskap, net soos Nelson Mandela!” het sy ondersteuners egter entoesiasties buite die tronk geskree toe hy wel deurgedring het.

Issoufou het in die eerste rondte in Februarie 48,4 persent gewen en Amadou het 17,7 persent van die stemme behaal.

Kiesersdeelname was krities ná die opposisie se versoek vir ’n verkiesingsboikot.

Issoufou voer aan dat hy ‘n groot vennoot van die Weste is in die stryd teen djihadiste. Die VSA en Frankryk het albei hommeltuigbasisse in Niger.

Issoufou het ná die aankondiging van die amptelike uitslae beloof om “gedurende hierdie mandaat, al my energie te gebruik om te reageer op die aspirasies van die mense van Niger”.

Hy sê die verskerping van veiligheid, die versterking van die demokrasie en die waarborg van voedselveiligheid sal sy prioriteite wees.

“Kom ons verenig en mors nie energie op ydele stryery nie,” het die president gesê.

In die verkiesing het die 64-jarige Issoufou, ’n voormalige mynbou-ingenieur met die bynaam “die leeu” te staan gekom teen die 66-jarige Amadou, ’n voormalige eerste minister en speaker van die parlement, bekend as “die feniks” vir sy vermoë om politieke terugkere te maak.

Die COPA 2016 opposisie-koalisie sê die stempersentasie was ’n skamele elf persent, ondanks die aanvanklike amptelike skatting van 56 persent.

In ‘n chaotiese streek, blyk die land ‘n hawe van stabiliteit te wees: In die noorde lê die Libiese konflik, jihadiste bly aktief in Mali en Boko Haram dreig Nigerië na die suide.

Minstens drie mense is gedood in geweld in Niger teen die Franse koerant, Charlie Hebdo, oor spotprente van die profeet Mohammed in 2015.

Die polisie moes traangas gebruik om woedende skares klipgooiende Moslems in bedwang te hou wat kerke aan die brand gesteek het en winkels in die hoofstad Niamey geplunder het nadat owerhede ‘n vergadering deur die plaaslike Islamitiese leiers verbied het.

‘n Polisiekantoor is ook aangeval en ten minste twee polisiemotors is toe verbrand.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.