Sanral se e-tol-invordering onwettig

Deel op

Sanral se voorneme om dagvaardings uit te reik vir agterstallige e-tolrekeninge, neem hoegenaamd nie die Nasionale Verbruikerskommissie se ondersoek in ag nie, het die VF+ gesê.

Die party het vroeër reeds namens alle rekeninghouers ‘n klag by die Verbruikerskommissie ingedien waarin aangevoer word dat Sanral se meetinstrumente nie voldoen aan die vereistes van die Metrologiewet nie.

Die party se woordvoerder sê Sanral het tydens ‘n vergadering met die Vryheidsfront Plus erken dat hy geen skriftelike bewyse het van die Nasionale Reguleerder vir Verpligte Spesifikasies oor die wettigheid van sy meetinstrumente nie.

Bloot op grond hiervan sal enige poging van Sanral om geld in te vorder, onwettig wees.

Die vakbondfederasie Cosatu het gewaarsku dat Sanral se voorneme om dagvaardings uit te reik, die verhouding tussen die publiek en die regering verder kan versuur.

Cosatu sê Sanral se plan kom neer op “maatskaplike teistering”.

Die woordvoerder van Cosatu, Sizwe Pamla sê inwoners het dit baie duidelik gemaak het dat hulle nie die e-tolstelsel wil hê nie, maar die regering het die stelsel desnieteenstaande in werking gestel.

Pamla sê dit word as ‘n uiterste vorm van burokratiese afknouery gesien en sal die verhouding tussen Gautengse inwoners en die provinsiale regering versuur.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.