‘n Foto wat Maandag deur die Belgiese federale polisie beskikbaar gestel is, toon die verdagte, Najim Laachraoui, wat glo met die onlangse aanvalle in België verbind kan word.
Belgiese aanklaers het ’n beroep die publiek gedoen om enige inligting aangaande Laachraoui aan wetstoepassers te oorhandig.
Daar word vermoed dat hy een van die topverdagtes in die Parys-aanvalle was en in 2015 na Hongarye gereis het.
Hy het in 2013 na Sirië gereis.
Veiligheidswagte by die Oostenryks-Hongaarse grens het Laachraoui opgemerk wat in ’n Mercedes saam met Salah Abdesalam en nog ’n ander persoon gereis het.
Abdesalam is vyf dae gelede deur die Belgiese owerhede in hegtenis geneem.
Daar word voorts vermoed dat die inhegtenisname van Abdesalam gelei het tot die jongste terreuraanvalle in Brussel.