Twee ontploffings ruk Brussel se lughawe

Deel op

Elf mense is na bewering dood en dosyne gewond nadat twee ontploffings die lughawe Zaventem in Brussel geruk het.

Geen vliegtuie land tans op Brussels nie en vliegtuie word herlei na Antwerpen. Vliegtuie wat steeds wag om te land, draai tans oor die stad Luik.

Verslae dat een van die ontploffings plaasgevind het naby American Airlines se inboektoonbank, is ontvang.

‘n Regeringsbron het aan VRT bevestig dat daar ‘n bomaanval was, terwyl Anke Fransen, woordvoerder vir die lughawe in Brussel, bevestig het dat daar verskeie beserings is.

“Ons kan bevestig dat daar twee ontploffings in die vertreksaal was. Ons het die nooddienste gebel op die grond. Hulle pas tans noodhulp op van die beseerdes toe.”

Ander ploftoestelle is by die lughawe ontdek, het ‘n RTBF-korrespondent Laurent Henrard aan brandbestryders gesê.

Spoorverkeer na die lughawe is opgeskort, berig Reuters.

Belgiese media het ook berig daar is ‘n paar beseerdes in die lughawe se vertreksaal en spoorverkeer na die lughawe is opgeskort.

Dié aanslag kom nadat die hoofverdagte van die terreuraanvalle in die Franse hoofstad Parys op 13 November 2015, erken het dat die Islamitiese Staat ‘n sportsta­dion wou opblaas, maar van plan verander het.

Salah Abdeslam het Saterdag aan Belgiese speurders die bekentenis gemaak ‘n dag nadat hy in die been geskiet en in hegtenis geneem is tydens ’n klopjag in Brussel.

Sy inhegtenisname het einde gebring het aan ’n vier maande lange mensejag.

Abdeslam se regsverteenwoordiger het gesê het Abdeslam beplan regstappe teen die Franse staatsaanklaer François Molins, omdat hy die vertroulikheid van die ondersoek geskend het.

Hy het aan die Belgiese uitsaaier RTBF gesê Molins se opmerkings op ’n mediakonferensie was “ ’n skending . . . ek kan dit nie onuitgedaag laat nie”.

Abdeslam sal uitlewering aan Frankryk teenstaan. Regskenners het gesê dit sal waarskynlik onsuksesvol wees, maar sal hom etlike weke gee om sy verdediging voor te berei.

Abdeslam en ’n man wat saam met hom in hegtenis geneem is, word van “deelname aan terreurmoorde” aangekla.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.