Kubabesoek: ‘Moffie’ Obama se slap gewrig maak op- en trefslae

Deel op

President Barack Obama se besoek aan Kuba word oorskadu deur sy slap gewrig aan die einde van sy mediakonferensie met president Raúl Castro wat sy hand in die lug probeer hou soos wat Mandela destyds met De Klerk gemaak het. Dit lyk egter asof die Amerikaanse president onwillig is dat sy Kubaanse eweknie hom byna letterlik soos ‘n marionet voor die kameras behandel en hy hou sy gewrig slap.

Die beeld wat via Vine miljoene kere op Twitter getwiet en hertwiet is, skep ook volgens sommige die indruk dat Obama “gay” is en dat hy deur ‘n meer manlike Castro gehiet en gebied word.

Castro het ook ‘n vraag van ‘n Amerikaanse joernalis oor “politieke gevangenes” in Kuba, wat in Spaans vir hom getolk is, minagtend beantwoord deur vir ‘n lys name van sulke gevangenes te vra. “As daar politieke politieke gevangenes in Kuba is, sal hulle voor vanaand nog vrygelaat word,” het hy uitdagend gesê.

Verder het Castro die teruggee van Guantanamo-baai aan Kuba deur Amerika geëis. ‘n Amerikaanse vlootbasis wat tans op die eiland gehuisves. Hy het die stand van menseregte in Amerika gekritiseer deur te sê dat daar nie gratis gesondheidsorg en hoër onderwys vir almal in die VSA is nie, anders as in Kuba.

Obama op die Rewolusieplein waar hy hulde aan José Marti bring, met Ché Guevara se muurskildery in die agtergrond
Obama op die Rewolusieplein waar hy hulde aan José Marti bring, met Ché Guevara se muurskildery in die agtergrond

In antwoord het Obama gesê: “Maar die Verenigde State erken die vooruitgang wat Kuba as ‘n nasie gemaak het, sy enorme prestasies in opvoeding en gesondheidsorg. En miskien belangriker, ek het bevestig dat Kuba se lot nie deur die Verenigde State of enige ander nasie bepaal sal word nie. Kuba is soewerein en beskik tereg oor enorme trots. En die toekoms van Kuba sal deur Kubane bepaal word, nie deur enigiemand anders nie.”

Raúl Castro is die broer van die vorige Kubaanse president, Fidel, wat jare lank die kommunistiese Karibbiese eilandstaat regeer het. Obama het insgelyks vir foto’s geposeer voor ‘n muurskildery van die revolusionêre guerillastryder, Ché Guevara.

Dit was die eerste keer in 90 jaar dat ‘n Amerikaanse president ‘n amptelike staatsbesoek aan Kuba gebring het. Daar heers egter steeds ekonomiese sanksies van die VSA teen Kuba. Obama en die Demokratiese Party in die VSA wil graag die sanksies opgehef sien, maar die Kongres word tans deur die Republikeine beheer wat daarteen gekant is.

Hier is die gewraakte video waarin Raúl Castro poog om Obama ‘n Mandelavuis te laat maak, maar nie daarin slaag nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.