Brittanje gaan glo nie in Libië ingryp nie

Deel op

Brittanje het geen planne om die stuur van troepe na en lugaanvalle op Libië te verleng nie.

Die verklaring deur die ministerie van verdediging volg ná ’n komitee van wetmakers gesê het die land kan tot ’n 1000 troepe ontplooi.

Die laerhuis se komitee vir buitelandse sake het gesê Brittanje kan deel wees van ’n internasionale weermag bestaande uit 6 000 troepe in Libië wat onruste sedert die val van Moeammar Ghaddafi in 2011 hanteer.

Die verwagting was dat die minister van verdediging, mnr. Michael Fallon, vandeesweek tot Brittanje se bydrae tot die weermag by ’n konferensie in Europa sou instem, het die komitee gesê.

’n Woordvoerder van die regering het egter gesê die komitee vir buitelandse sake was “op verskeie punte verkeerd”.

“Daar is geen planne om die lugaanvalle op Libië te verleng nie en daar is geen planne om Britse troepe te stuur om sekuriteit aan troepe op die grond in Libië te verskaf nie,” het die woordvoerder gesê.

“Dit is daarom verkeerd om te impliseer die minister van verdediging gaan vandeesweek tot enige Britse bydrae instem.”

Britse premier David Cameron sou na verwagting by ‘n EU-beraad sy bereidwilligheid verklaar om militêr in te gryp in die ondersteuning van Libiese opkomende eenheidsregering.

Egipte se president Abdel Fattah el-Sisi het egter gewaarsku dat die Weste moet uitbly.

Cameron het die EU-leiers gewaarsku oor ‘n nuwe golf Libiese migrante na Europa in die somer nadat dit bekend geraak het dat ISIS uit Sirië na Libië vlug.

Woensdag, moes die Foreign Office toegee dat soldate nie ontplooi sal kan word sonder die goedkeuring van die parlement nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.