Malawi wil geskutte ivoor verbrand

Deel op

Tanzanië het Malawi gelooi oor sy besluit om drie ton ivoor met ’n waarde van meer as vyf miljoen Amerikaanse dollar te verbrand.

Volgens die land kan dit eerder gebruik word om vermeende ivoorsmokkelaars te vervolg, het AFP berig.

Die regsgeleerde Christon Ghambi het aan joernaliste gesê die vernietiging van die ivoor gaan die hofsaak beïnvloed waarin die Tanzaniese regering die vermeende smokkelaars van die ivoor voor die hof daag. Beslag is in Malawi op die gesteelde ivoor gelê.

Volgens Ghambi het Tanzanië verwag Malawi sou die vernietiging van die ivoor uitstel totdat die vermeende smokkelaars gevonnis is.

“Tanzanië is glad nie beïndruk met die besluit om die ivoor te verbrand nie. Die probleem is dit gaan die sake in Tanzanië beïnvloed. Met die ivoor wat vernietig is, kan dit moeiliker wees om die aanklagte te bewys,” het Ghambi gesê.

Tanzanië het sedert verlede jaar teen die vernietiging van die ivoor beswaar gemaak, omdat ’n groot gedeelte van die ivoor waarop beslag gelê is, in die land se nasionale parke en wildreservate gestroop is en dit daarom as bewyse moes dien.

Malawi het die 781 stukke ivoor by vermeende smokkelaars by een van hul grensposte in 2013 gekonfiskeer.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.