Hillary op pad na die wenpaal

Deel op

Hillary Clinton is heelwat nader daaraan om die Demokratiese Party se kandidaat in die presidentsverkiesing te word, met Bernie Sanders wat sukkel om by te bly.

Clinton het haar teenstander, Bernie Sanders, in al die deelstate waar gestem is – Florida, Noord-Carolina, Ohio, Illinois en Missouri – verslaan.

Sanders se kanse om Clinton se voorsprong met haar lang lys afgevaardigdes in te haal, lyk straks onmoontlik.

“Ons beweeg nader daaraan om die Demokratiese Party se benoeming te verseker en die verkiesing in November te wen,” het Clinton na afloop van die uitslae se bekendmaking verklaar.

Donald Trump se veldtog het nuwe momentum gekry.

Trump het Woensdag sleuteloorwinnings behaal in Illinois, Noord-Carolina en Florida

Die plaaslike senator Marco ­Rubio, het dadelik sy verkiesingsveldtog beëindig na sy swak vertoning.

Nadat bykans al die stemme getel is, het dit geblyk die 69-jarige Trump sou Missouri ook wen, maar hy het nie ’n volstrekte meerderheid in die belangrike kiesafdeling van Ohio nie.

John Kasich het in Ohio, sy tuisstaat, gewen.

Trump het mede-Republikeine Woensdag van ernstige gevolge gewaarsku indien hulle poog om ‘n bemiddelde konvensie te organiseer as hy nie ‘n volstrekte meerderheid kry nie

“Ek dink jy sal onluste hê. Ek dink jy sal onluste hê,” het Trump Woensdag op CNN opgemerk. “Ek verteenwoordig ‘n geweldige klomp, baie miljoene mense.”

Kasich se oorwinning het Trump, die party se voorloper, van sy 66 afgevaardigdes ontneem.

Dit maak dit moeiliker vir die miljardêr om die 1237 afgevaardigdes wat hy nodig het sonder ‘n vloerstryd, te kry.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.