Duitsland sluit diplomatieke missie in Turkye

Deel op

Duitse diplomatieke missies en ‘n skool in Turkye het Donderdag gesluit na ‘n terreurdreigement, het die ministerie van buitelandse sake aangekondig, minder as ‘n week na ‘n selfmoordmotorbomaanval in die Turkse hoofstad.

Die ministerie van buitelandse sake het gesê die sluiting is ‘n “voorsorgmaatreël” en ‘n beroep op alle Duitsers tans in Turkye gedoen om besonder versigtig te wees wanneer in die openbaar.

Die e-pos aan Duitse burgers beskryf ‘n “terreurdreigement wat nie bo alle twyfel geverifieer kon word nie.”

Verlede Januarie is 12 Duitse toeriste dood in ‘n selfmoordbomaanval deur die Islamitiese staat in die hart van Istanbul se toeristedistrik.

Dit laat ernstige vrae oor die bomontploffing in die Duitse hoofstad Dinsdag waarin die bestuurder van ’n motor dood is.

Die oorledene is ‘n 43-jarige Turkse man, Mesut T. Hy was alleen in die voertuig.

Die gebied rondom die Deutsche Oper U-Bahn stasie waar die motor ontplof het, is daarna afgesper en die polisie het inwoners gemaan om nie naby die motor te kom nie nie en binnenshuis te bly.

Ooggetuies het aan Tagesspiegel gesê dat die bestuurder aanvanklik daarin geslaag het om te ontsnap uit die motor, maar hy het kort daarna ineengestort as gevolg van sy ernstige beserings.

Pogings van die nooddienste om hom by te bring was tevergeefs. Op 08:40 is sy dood aangekondig. Niemand anders is beseer in die voorval nie.

Die gedeelte van Bismarckstraat in Berlyn is dadelik afgekordon nadat die voertuig omstreeks 08:00 ontplof het.

Alhoewel Martin Steltner, ‘n woordvoerder van die Berlynse staatsaanklaers, gesê het dit was nie ‘n terreuraanslag nie, is daar nogtans kommer dat die Turkse burger wat bande met dwelmsindikate en ander georganiseerde misdaad gehad het, ook met terreur verbind kan word.

Xinhua berig hy was aan die polisie bekend weens dwelmhandel, vervalsing van geld en onwettige dobbelary.

Die Berlynse polisie het beeldmateriaal op Twitter gelaai waar die voertuig in die middel van die straat sigbaar is met sy deure oop en vensters uitgeruk.

Die motor het ontplof terwyl dit beweeg het. Daarna het dit ongeveer 100 m verder beweeg voordat dit teen ’n stilstaande motor tot stilstand gekom het, het die polisie gesê.

Dié aanslag kom te midde van Duitse voorstelle wat EU-leiers Vrydagoggend na verwagting aan Turkye sal voorlê oor die vlugtelingkrisis.

Dit behels ‘n meganisme om voorsiening te maak dat Griekeland duisende ongewenste vlugtelinge wat vanuit Turkye in die EU aanland, deporteer.

Maar omdat Turkye die Geneefse Konvensie oor vlugtelinge nie ten volle bekragtig het nie, sal Ankara eers sy eie wette moet verander voordat die uitsettings uitgevoer kan word.

Honderde duisende migrante gebruik Turkye as ‘n deurgangsroete na die vleispotte van die EU en Turkye gebruik die instroming as ‘n hefboom om geld van die EU te bedel.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.