Rand herstel na rentekoersverhoging

Deel op

Die Rand het Donderdagaand tot R15,10 teen die dollar herstel nadat ‘n rentekoersverhoging aangekondig is.

Die jongste verhoging beteken dat die prima uitleenkoers tot 10,5 persent styg.

Die Suid-Afrikaanse geldeenheid het Woensdag tot R16,20 teen die dollar gedaal nadat die adjunk-minister van finansies onthul het dat die Gupta-familie by regeringsaanstellings betrokke is.

Mcebisi Jonas het bekend gemaak het dat hom die pos as minister van finansies aangebied het.

Die herstel van die rand kom egter nadat die president van die Reserwebank, Lesetja Kganyago, bekend gemaak het dat die repokoers met 25 basispunte tot sewe persent verhoog word.

Kganyago sê die Reserwebank verwag dat inflasie vir ‘n geruime tyd meer as ses persent sal bly en het die jongste rentekoersverhoging verbind aan die risiko’s met die inflasie-vooruitskatting.

Die jongste verhoging beteken dat die primauitleenkoers tot 10,5 persent styg.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.