Speaker se man verskyn weer oor moorde

Deel op

Die eggenoot van Nokhaya Mjila, die ontslape swart speaker van die Mgcawu-distriksmunisipaliteit in die Noord-Kaap, verskyn na verwagting vandag weer in die Kathu-landdroshof.

Thamsanqua Mjila staar vier aanklagte van moord in die gesig, asook klagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer en brandstigting.

Nokhaya is op 12 Junie verlede jaar in ‘n hospitaal in Bloemfontein oorlede, nadat sy twee weke vroeër ernstige brandwonde opgedoen het.

Sy is ernstig beseer toe haar man na bewering petrol oor haar uitgegooi en haar aan die brand gesteek het in ‘n familielid se huis op Olifantshoek. Mjila het daar aangesterk nadat sy uit die hospitaal ontslaan is.

Haar twee niggies, Langa Dilodile en Masila Moyeng en haar nege maande oue kleindogter, Khanyi, wat ook in die huis was, het ook aan hul brandwonde beswyk.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.