Die rewolusionêre teoloog Beyers Naudé, se nalatenskap is lewendig noord van Johannesburg waar swart oproeriges Woensdag op ‘n plundertog gegaan het.
Die situasie is steeds gespanne in Zandspruit, nadat plakkers gewelddadig geraak het oënskynlik oor Eskom se verwydering van onwettige elektrisiteitkabels en “gebrekkige dienslewering”.
Oproeriges het egter op ‘n plundertog gegaan by sake-ondernemings in die omgewing wat nie verband hou met Eskom òf dienste nie.
Dele van Beyers Naude-rylaan en Peterweg was Donderdag steeds gesluit.
Verskeie winkels is leeggedra en gevandaliseer, waaronder ook ‘n vulstatsie.
Paaie in die gebied is steeds met vullis en gebrande bande besaai. Die gietende reën het die swart rookkolomme van die brandende bande effens geblus.
Klein groepe oproeriges het reeds begin bymekaarkom om verder amok te maak, maar ‘n groot aantal polisiebeamptes is ontplooi.
Die Johannesburgse metropolisie het motoriste aangeraai om die N14 en Hendrik Potgieter as alternatiewe roetes te gebruik.