Rassistejag raak algemene Franse tydverdryf

Deel op

‘n Groep Franse polisiebeamptes wat ondersoek is na foto’s van hulle op ‘n “negerpartytjie”, het in 2014 op sosiale media verskyn.

Die beamptes wat in ‘n voorstad van Parys werksaam was, was swartgesmeer en het kroespruike gedra.

Die Franse koerant Le Figaro het destyds berig dat die beamptes ondersoek is deur Frankryk se polisiewaghond.

Louis-Georges Tin, president van ‘n swart groep, Conseil Representatif des Associations Noires, het gesê: “As die polisiebeamptes wat die verantwoordelikheid dra om teen rassisme op te staan, besig is om grappe van swart mense te maak ipv om hulle te verdedig, kan dit verduidelik waarom dinge so min op dié gebied gevorder het.”

Hy het bygevoeg: “Die swart mense van hierdie land [Frankryk] hoef nie met rasprofilering bedags en ‘blackface’ snags opgeskeep te wees nie.”

Die foto’s is oorspronklik gepos deur ‘n vrou op Facebook en uiteindelik het die swart rassegelykheidamateur Claudy Siar hulle versprei.

Hy het gesê dat die persoon wat die foto’s gepos het, het beweer dit was “net vir die pret” na ‘n paar vriende besluit het om ‘n “negerpartytjie” te hou.

Siar het aan Le Figaro gesê die foto’s is dadelik verwyder, maar hy het gelukkig die skermskote vroegtydig gemaak en besluit om dit so wyd as moontlik te versprei.

Sodoende het die insident ‘n skandaal geword omdat swartes glo daardeur verneder is. Dit sou egter nie die geval gewees het indien Siar nie die foto’s oral gepos het nie.

Die Franse polisie loop dikwels deur onder beskuldigings van rassisme.

Voorheen het ‘n polisieman in Val-d’Oise, noord van Parys, ‘n reeks van rassistiese opmerkings oor sosiale media gemaak wat ook deur ‘n webwerf gepubliseer is.

Die swart Franse minister van justisie Christiane Taubira se foto is ook in 2014 tesame met dié van ‘n sjimpansee op haar Facebookblad geplaas, wat tot ‘n herrie gelei het.

Volgens ‘n Franse satiriese koerant, het polisiebeamptes van die anti-misdaadbrigade in Kremlin Bicêtre verlede jaar ‘n rassitiese boodskap uitgestuur waarin verwys is na ‘n “vieslike, kroeskop Noord-Afrikaan wat soos gewoonlik” die misdadiger is.

Die polisiebeampte is dissiplinêr verhoor.

Dié jaar het joernalis, Gille Verdez, uitgevaar teen die bekroonde wit Mejuffrou Frankryk, Iris Mittenaere, en haar daarvan beskuldig dat sy aan ‘n rassistiese skoonheidskompetisie deelgeneem het.

“Hulle het witheid bo skoonheid gekies #MissMartinique,” het Verdez op sosiale media gesê.

As die gruwel van Martinique, regs,  nie wen is dit 'rassisme'
As die gruwel van Martinique, regs, nie wen is dit ‘rassisme’

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.