ANC wil slegs swart boere bystaan met droogtehulp

Deel op

Die ANC-regime stel slegs daarin belang om swart boere by te staan met droogtehulp.

Daar is volgens die regering ‘n “groot behoefte aan die opgradering van voerkrale vir begunstigdes van grondhervorming”. Dit beteken sukkelende swart kleinboere.

Dit is wat die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming geïdentifiseer het tydens ‘n onlangse droogte-opname op 1049 plase.

Die departement sê hulle het voerkrale in Noordwes, KwaZulu-Natal en Mpumalanga geïdentifiseer wat tans herstel en opgegradeer word.

Daar word ook beoog om die voer wat verkry word deur brandbane in gebiede waar nog weiding beskikbaar is, aan swart boere uit te deel.

Voerkrale het ‘n baie lae winsmarge en moet gevolglik op ‘n hoë omset staatmaak om te kan bly funksioneer. Daarbenewens het sulke ondenemings besonder baie bedryfskapitaal nodig.

Dit is gevolglik een van die boerdery-opsies waar produksiebestuur, kosteberekenings en finansiële bestuur uitstekend moet wees.

Om dit te ondervang het meeste van die groot voerkrale ook hulle eie slagpale en slaghuise om meer waarde toe te kan voeg.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.