Nog Gupta-tentakels ontbloot

Deel op

Etiese kwessies rakende die Guptas se tentakels wil maar net nie wyk nie. Dit wil al hoe meer voorkom asof Suid-Afrika deur ‘n buitelandse groep Indiërs oorgeneem is.

NUUT!

Die brandarm familie van Atul Gupta wat in 1993 hier aangeland het uit Uttar Pradesh, Indië, ‘n jaar voor die verkiesing van Nelson Mandela, is vandag miljardêrs.

Hulle het uraan-, goud- en steenkoolmyne aangekoop, ‘n luukse wildsplaas, ‘n ingenieursmaatskappy, ‘n koerant, ‘n rekenaarbedryf, en ‘n 24-uur nuus TV-stasie gebou met belastingbetalers se geld.

Die magtige Guptas besluit klaarblyklik selfs oor die aanstellings in die parlement.

In die jongste voorval moes Jacob Zuma reageer op die nuwe herrie oor die pasryk Indiese immigrante wat ontketen is deur ‘n sosiale mediagesprek.

Die voormalige parlementslid, Vytjie Mentor is glo ook deur die Indiërs genader omdat hulle haar wou “koop”.

Mentor het in ‘n inskrywing op Facebook gesê die Gupta-familie haar die pos van minister van openbare ondernemings aangebied. Die president was glo in ‘n ander vertrek.

Sy beweer dat die Guptas het gesê solank sy haar steun aan een van hul maatskappye toesê, is die werk hare.

Zuma sê in ‘n kort verklaring hy kan glad nie onthou wie Mentor is nie en kan daarom nie enige kommentaar lewer op bewerings oor haar beroepslewe nie.

Die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee sal glo die naweek die beweerde invloed van die Gupta-familie op aanstellings in kabinetsposte bespreek.

Die ANC en die adjunk sekretaris-generaal van die party, Jessie Duarte het intussen ‘n klag by die pers Ombudsman teen ‘n Sondagblad gelê.

Die Sunday Times het die afgelope naweek berig dat Duarte die adjunk-minister van finansies, Mcebisi Jonas die ministerspos aangebied het.

Die koerant het ook berig dat Jonas twee weke voor Nhlanhla Nene afgedank is met die Gupta familie en president Jacob Zuma se seun, Duduzane vergader het en hom die pos onder sekere voorwaardes aangebied het.

Die ANC se woordvoerder, Zizi Kodwa sê hulle eis dat die koerant verskoning vra omdat Duarte onregverdiglik by die berig betrek is.

Kodwa het die berig as skinderpraatjies beskryf.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.