Video: Johannesburgse Metropolisie skop, slaan Afrikanermotoris

Deel op

Die Johannesburgse Metropolisie het onlangs ‘n Afrikanermotoris geskop en geslaan omdat hy nie ‘n nommerplaat gehad het nie: dít terwyl hy ‘n nuwe nommerplaat in sy motor had omdat die vorige gesteel is. In ‘n video wat viraal op sosiale media versprei, word die laaste deel van die motoris – wat met ‘n duidelike Afrikaanse aksent Engels praat – getoon waar hy met die polisie probeer redeneer nadat hulle hom aangerand het.

‘n Vroulike metropolisielid probeer die motoris se vrou keer om die gebeure op video via haar selfoon vas te lê, maar sy staan op haar reg om die gebeure af te neem. Hier is die kort video, wat egter eers aan die einde van die aanranding begin.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.