China is op hol oor Trump

Deel op

China is erg bekommerd oor die sukses van Donald Trump, Republikeinse voorloper vir die komende Amerikaanse presidensiële verkiesing.

In een van die eerste openbare negatiewe reaksies, het die Global Times, ‘n amptelike staatskoerant, in ‘n hoofberig gesê die groot protes teen Trump se veldtog in Chicago Vrydagaand wat in ‘n fisiese konfrontasie geëindig het, voorspel niks goeds nie.

Die Chinese kommentaar sê alhoewel vuisgevegte onder kiesers redelik algemeen is in ontwikkelende lande tydens verkiesingseisoene, is ‘n soortgelyke vertoning skokkend in die VSA, “een van die mees ontwikkelde en volwasse demokratiese verkiesingstelsels”.

Trump het glo “baie konvensionele norme van die Amerikaanse politieke lewe verwoes” en “sy opmerkings is beledigend, rassisties en ekstremisties, wat ‘n indruk by die Amerikaanse publiek gelaat het dat hy doelbewus die omverwerping van politieke korrektheid nastreef”.

Die kommentaar lui voorts:

Trump se meteoriese opgang is nie deur die meeste ontleders en waarnemers voorspel nie. Aan die begin van die verkiesing was Trump, ‘n ryk, narcissus en opruiende kandidaat, net beskou as ‘n buiteperd. Sy werk was basies om op te tree as ‘n nar om meer kiesers se aandag op die Republikeine te vestig. Maar met meeste ander belowende kandidate uitgeskakel, is die nar nou die grootste buiteperd.

Die aanval op Trump gaan voort asof China kan baat by ‘n Demokratiese oorwinning.

Die opkoms van Trump het Pandora se blik in die Amerikaanse samelewing geopen. Trump se ondersteuners is meestal laerklas wittes, en hulle het baie verloor na die finansiële krisis van 2008. Die Amerikaanse samelewing het die grootste en mees stabiele middelklas in die Westerse wêreld, maar dis besig om vinnig te verdwyn.

Dit wil voorkom asof die Withuis se marionetmeesters planne maak om Trump te keer wat reeds aan die Chinese leierskap gekommunikeer is.

Hy is selfs ‘n nuwe Benito Mussolini of Adolf Hitler genoem deur die Westerse media. Mussolini en Hitler het aan bewind gekom het deur middel van verkiesings, ‘n swaar les vir Westerse demokrasie. Die meeste ontleders glo die Amerikaanse verkiesingstelsel sal verhoed dat Trump uiteindelik president word. Die proses sal skrikwekkend wees, maar nie gevaarlik nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.