DA jag ‘Afrikaner-rassiste’ vir swart stemme

Deel op

Die DA, in ‘n desperate poging om swart kiesers te beïndruk, het glo ‘n anti-Afrikaanse rasse-insident probeer vervaardig.

Die party, wat met die EFF meeding om voortaan die amptelike opposisie te wees, het tesame met ‘n kitskos-onderneming klaarblyklik ooreengekom om sommer gratis advertensie vir die onderneming ook te verskaf.

Die sogenaamde “voorval” waarin niks gebeur nie, word tans deur medewerkers van die DA op Facebook, YouTube en Twitter geplak.

Dit toon glo hoe glo iemand in Afrikaans die K-woord gebruik en sê hoe hy die afleweringswerknemer op die motorfiets gaan omry, maar dit blyk nie uit die beeldmateriaal nie.

Ten spyte van die vermeende oortreding wou die swart motorfietsbestuurder nie stappe oorweeg nie, wat reeds ‘n aanduiding is van ‘n bekookte publisiteitsfoefie wat teen Afrikaners gemik is.

Die kitskos-ondeneming beweer egter die motorfietsryer het nie van sy afleweringsfiets geval soos berig is nie, maar dat hy deur ‘n “Afrikaanse rassis” gestamp is.

Hulle gaan nou die identiteit probeer vasstel van die Afrikaner wat verdink word van rassistiese optrede teen een van sy afleweringsmense, het hulle gesê en het reeds aangedui dat regstappe geneem sal word.

Anti-Afrikaanse uitlatings is blykbaar die DA se nuwe steunwerwingsgedagte om meer swart stemme te trek. Die party sukkel om hul beeld as ‘n ou wit NP-enklawe af te skud, en hul leier het reeds verklaar dat die DA nie meer ‘n wit party is nie.

Die voorval het na bewering op Kaap-weg in Port Elizabeth gebeur.

Die DA se burgemeesterskandidaat in die Nelson Mandelabaai, Athol Trollip, het vroeër gesê hy gaan klagtes teen die man indien by die polisie en die Menseregtekommissie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.