Djihadiste dood 16 by Ivoorkus se strandoord

Deel op

Ongeïdentifiseerde aanvallers het Sondag losgebrand op ’n strandoord in Grand Bassam in die Ivoorkus. Die gewapende aanvallers het hotelle by die oord bestorm en op die gaste gevuur.

Altesaam 16 mense is in die aanval doodgeskiet, het die president gesê. Veertien was burgerlikes en twee soldate, het pres. Alassane Ouattara bevestig.

Die aanval word met ’n groep militante met Al-Kaïda-bande verbind.

Die Veiligheidsraad van die VN het intussen die aanval veroordeel.

AFP berig dit laat vrese in Wes-Afrika oor ’n dreigende djihad oplaai.

“Ek het sewe oorledenes gesien. Daar was vier aanvallers. Ek het geswem toe hulle begin skiet het en toe het ek weggehardloop,” het Dramane Kima gesê, wat videomateriaal van die aanval geneem het.

Hy het ook foto’s geneem van handgranate en ammunisie wat die aanvallers vermoedelik op die toneel agtergelaat het.
Twee maande gelede het Islamitiese militante dosyne mense doodgemaak in ’n hotel en restaurant in Burkina Faso, Ivoorkus se buurland, waar buitelanders gereeld gaste is.

Die aanvalle wek kommer dat militante geweld besig is om in Wes-Afrika te versprei.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.