Merkel kry pakslae oor migrante

Deel op

Drie Duitse deelstate het die afgelope naweek gewys dat Angela Merkel se dae getel is.

In die eerste betekenisvolle politieke toets sedert die land deur migrante oorstroom is op aandrang van die Duitse kanselier, het die verkiesings nou getoon tot watter mate sy ongewild geraak het.

Daar is verwag dat die anti-immigrasieparty, die AfD, goed sou vaar midde van ongemak onder Duitse kiesers oor Merkel se liberale benadering jeens Europa se migrasiekrisis.

Nagenoeg 12,7 miljoen kiesers is in drie uiteenlopende streke – Baden-Württemberg in die suidweste en ’n ekonomiese kragreus; die naburige Ryn-Palts en die relatief arm Sakse-Anhalt in die ou kommunistiese ooste van die land – na die stembus.

Meningsopnames het reeds daarop gewys dat sowel Merkel se Christen Demokratiese Unie-party en haar vennote in die nasionale regering, die sentraal-linkse Sosiale Demokrate, ’n redelik ongemaklike verkiesing te wagte sou wees.

Duitsland het verlede jaar byna 1,2 miljoen mense as asielsoekers ge­registreer, met Merkel wat daarop aangedring het dat “ons die uitdaging kan hanteer”, oftewel “Wir schaffen das”.

Merkel se CDU-party het in twee van die drie deelstaatverkiesings verloor omdat keelvol Duitsers haar tegemoetkomende beleid teenoor sogenaamde vlugtelinge, of ekonomiese fortuinsoekers, afgewys het.

Die verliese in beide Baden-Wuerttemberg en Rynland-Palts verteenwoordig die ergste scenario vir Merkel.

Die teenreaksie was ook sigbaar in Sakse-Anhalt, waar Merkel se Christen-Demokrate die grootste party gebly het, maar nogtans 21.5 persent van die stemme na die AfD sien gaan het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.