SABRIC waarsku teen ATM-bedrog

Deel op

Die Suid-Afrikaanse Bankrisiko Inligtingsentrum (SABRIC) het aangekondig dat terwyl kaartbedrog in 2015 met 28% gedaal het, het die bankbedryf steeds ‘n verlies van R252.2-miljoen gely.

Versekeringsmaatskappye waarsku verbruikers om op hul hoede te wees vir kaartleestoestelle en mikrokamera’s wat deur boewe ingespan word.

Waaksame verbruikers wat ander te maklik vertrou, lei dikwels tot booswigte wat voordeel geniet.

SABRIC se wenke lui as volg:

• Hou ten alle tye ‘n ogie op jou kaart.
• Moet nooit vir iemand sê wat jou PIN is nie.
• Moenie jou kaart en jou PIN bymekaar bêre nie.
• Vermy swak-verligte OTMs.
• Sleutel slegs jou PIN in wanneer die masjien dit versoek.
• Maak seker dat niemand jou dophou terwyl jy jou PIN insleutel nie.
• Staan naby aan die OTM en maak seker dat omstanders nie jou hand kan sien terwyl jy die PIN insleutel nie.
• Maak seker dat jy jou hand oor die kaartgleuf hou om te verseker dat niemand jou kaart kan neem nie.
• Verlaat die OTM dadelik indien jy onveilig voel.
• Moet nooit hulp aanvaar nie – nie eers van ‘n sekuriteitswag nie.
• Moenie toelaat dat iemand jou aandag aftrek terwyl jy ‘n transaksie by ‘n OTM doen nie.
• Maak seker dat die kaart wat jy gebruik jou eie is, beide voor en nadat jy ‘n transaksie afgehandel het.
• Moet nooit jou geld by ‘n OTM tel nie.
• Kanselleer jou kaart onmiddellik wanneer dit verlore, gesteel, beskadig of deur ‘n masjien teruggehou word.
• As een of twee OTMs in ‘n bepaalde area nie werk nie, is dit beter om nie na die naaste OTM in dieselfde area te gaan nie. OTMs word gereeld gesaboteer om slagoffers na ‘n bepaalde OTM te lei. Moenie toelaat dat iemand anders die oproep oor kaartprobleme namens jou maak nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.