‘n Swart werker het vermoedelik die wit bestuurder van ‘n vakansieoord buite Naboomspruit (Mookgophong) Sondag ‘n skroewedraaier en hamer aangerand.
Gillian Foster is met ernstige beserings in die Voortrekker-hospitaal in Potgietersrus (Mokopane) opgeneem.
“Sy is in ’n stabiele toestand, maar sy het nog nie haar bewussyn herwin nie. Hou haar asseblief in jul gedagtes en gebede,” het ‘n familielid op Facebook gesê.
‘n Soektog nog na die aanvaller van die Bothania Hills-vakansieoord is geloods, volgens kol. Ronél Otto, polisiewoordvoerder.
Die slagoffer se voertuig is ook gesteel.
Foster werk sedert Desember 2011 by die vakansieoord.