ANC ruk op na Grondwethof teen Walus-vrylating

Deel op

Die ANC aan die Oosrand sal Maandag in groot getalle opruk na die Grondwethof teen Janusz Walus se vrylating op parool.

Hulle, sowel as die SAKP, ANC en EFF is heftig gekant teen die beslissing om Walus vry te laat. Die optog word deur die ANC se Ekurhuleni-streek gereël.

Hy sal binnekort vrygelaat word nadat sy appèl teen die weiering van sy parool in die Hooggeregshof in Pretoria geslaag het.

Walus het 23 jaar van sy lewenslange vonnis vir die moord op die voormalige SAKP-leier, Chris Hani, in 1993 uitgedien.

Die voorsitter van die ANC in Ekurhuleni, Mzwandile Masina, sê hulle wil die kwessie van “volledige openbaarmaking van misdade” met die hof opneem.

Hulle eis dat alle ander politieke gevangenes vrygelaat moet word as ‘n gebaar aan Hani.

Die ANC se opmars word aangemoedig en ondersteun deur figure soos ene Ray Hartley, redakteur van die RDM.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.