Wit vrouestudente aan die Universiteit van Kaapstad het hul verligting uitgespreek oor die inhegtenisneming van ‘n vermeende reeksverkragter.
Die swart 35-jarige verdagte kan met minstens een van vier onlangse verkragtings naby die Rhodes-gedenkteken verbind word.
In die jongste voorval is ‘n vrou verlede Dinsdag verkrag toe sy gaan draf het.
Swart studente wat voorheen betoog het teen die “wit patriargale verkragtingskultuur” by UK, was merkbaar afwesig toe die nuus van die vermeende swart misdadiger se inhegtenisname bekend geraak het.
Die polisiewoordvoerder, André Traut, sê die verdagte wat in hegtenis geneem is, se identiteit kan slegs bekend gemaak word wanneer hy op die aanklagte teen hom gepleit het.
Die swarte is vroeër die naweek in ‘n skuilplek op die hange van Tafelberg in hegtenis geneem nadat die polisie glo die gesteelde selfoon van een van sy slagoffers se sein opgespoor het.
Die vermeende verkragter het voorheen onbeskaamd rondgestap op die UK-kampus, ten spyte daarvan dat ‘n intense soektog na hom van stapel gestuur is.
Hy het glo al geruime tyd in die bosse naby gewilde drafroetes by die berugte monument gewoon.
“Hy het op die kampus met ‘n UK T-hemp en ‘n pet rondgeloop,” het ‘n bron na aan die ondersoek aan Weekend Argus gesê.
Die 35-jarige man is in hegtenis geneem in die vroeë oggendure van Saterdagoggend, ná meer as vier maande van desperate pogings om hom vas te trek.