AU wil sending na Mali stuur

Deel op

Die Afrika-unie sal binne die volgende weke ’n sending na die noorde van Mali stuur, het Reuters berig.

Die sending sal ondersoek instel na die oprigting van ‘n teenterrorisme-mag om die vredesending van die Verenigde Nasies (VN) te ondersteun.

Die Bamako-regering asook sommige lede van die VN-magte in Mali (Minusma), het hulp gevra in die stryd teen insurgente met bande aan al-Kaïda, wat ondanks die teenwoordigheid van Franse, Malinese en VN-troepe, toenemend aktief is.

Franse magte het die djihadiste in 2013 uit die noorde van Mali verdryf, maar hulle het hergroepeer.

In November 2015 het die insurgente onder die vaandel van ISIS ‘n luukse hotel in Bamako aangeval waartydens 20 mense omgekom het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.