Londense winkels verkoop beesurine saam met kos

Deel op

Beesurine word al jare lank neffens kosprodukte in Londen verkoop.

Dit word gebruik deur aanbidders in sekere Hindoeseremonies, maar dit is onwettig om te verkoop vir menslike gebruik in Engeland.

Bekend as Gau mutra, word dit in winkels aangetref wat ook kos verkoop. Dit is ‘n oortreding van gesondheidsregulasies in die VK.

Die Britse Geoktrooieerde Instituut van Omgewingsgesondheid het gewaarsku teen die aankoop van voedsel waar dié produk teenwoordig is.

In een winkel was die bottels urine selfs vertoon onder ‘n rak van naanbrood.

Een werker in ‘n winkel in Greenwich sê: “Hindoes kom om dit te koop vir godsdienstige redes, as ‘n baba gebore word, word dit gebruik in die huis vir goeie geluk.”

‘n Tempel in Watford, Bhaktivedanta Manor, besit ‘n melkplaas wat ook die urine vir gelowiges bemark.

Die besturende direkteur Gauri Das sê die tempel verkoop al koei-urine sedert die vroeë sewentigerjare en mense drink dit.

“Daar was ‘n aanvraag uit die Suid-Asiatiese gemeenskap. Hulle gebruik dit vir pujas [godsdienstige ritueel], medisinale doeleindes of selfs die skoonmaak van dinge,” het hy gesê.

Hy ontken egter dat hy dit vir menslike gebruik verkoop. “Dit hang af van die aanbidders wat hulle wil doen daarmee.”

Die Britse Foods Standards Agency (FSA) se woordvoerder het gesê dit is onwettig om urine te verkoop vir menslike gebruik, maar wanneer dit glo ekstern toegedien word, word nie as voedsel geklassifiseer nie.

Beesmis word ook saam met urine in ‘n verskeidenheid velsorgprodukte gebruik.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.