Die EU het geen antwoord op ISIS nie

Deel op

Wat Libië betref blameer president Obama vir Frankryk en Brittanje dat hulle die bal laat val het nadat Gaddafi vermoor is. Maar dit was die Obama-administrasie wat die oorlog begin het, die meeste lugaanvalle geloods het en 7 700 bomme op Libiërs laat reën het.

Dit was Obama se mense wat opleiding en organisasie aan die djihadiste verskaf het vir aanvalle op regeringposisies.

Obama is dus besig om fluks die bloed van sy eie hande af te was en om sy bondgenote te blameer vir wanneer die onvermydelike gevolge van die oorlog, naamlik die vernietiging van die funksionerende staat Libië, duidelik raak.

Meer as 6000 ISIS-militante is na raming in Libië teenwoordig, twee keer soveel as wat net kort gelede geglo is.

Hul getalle-aanwas styg nadat Al Bagdadi, die leier, vragte vol terroriste na Libië en Tunisië oor land en see gestuur het om te ontkom aan Russiese en Siriese oorwinnings, en ISIS nie meer in Turkye en Sirië gevestig kan hou nie. Assad se weermag is vandag net enkele kilometer vanaf Rakka, die Kalifaat se “hoofstad”.

Die val van Gaddafi het die weg gebaan vir djihadistiese groepe soos Ansar-al-Sjaria wat die Amerikaanse konsul in Benghazi in September 2012 vermoor het, asook vir Al-Kaida in die Islamitiese Magreb. Ten minste 36 000 “buitelandse vegters” van 120 verskillende lande het daar aangesluit.

Die strategie wat Al Bagdadi gebruik, is om Libië te omskep in ‘n basis van waar oorlog gevoer kan word in die Eurasiese skiereiland deur ‘n reeks noukeurig beplande gebeurtenisse: Die eerste, terrorisme, dan die manipulasie van Islamitiese minderhede in die EU en uiteindelik guerrilla-oorlogvoering in Europa self.

Of ‘n sogenaamde eenheidsregering in Libië gevestig is of nie, is irrelevant. Wat belangrik is, is dat dit geen werklike mag moet hê nie en ook nie in staat moet wees om etniese verskille te oorbrug soos wat Gaddafi reggekry het nie.

Franse, Italiaanse en Britse ingryping, met Amerikaanse ondersteuning, kan dié vooruitsig net verhaas, omdat hulle nie dieselfde oogmerke het nie.

Daar sal ‘n oproep om hulp deur die Libiese regering van “nasionale eenheid” wees, gevolg deur ‘n resolusie van die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies. Daarna sal die militêre ingryping volg. Deesdae lyk die VN in elk geval soos ‘n supermark vir enige soort lugaanval, wat hommeltuie insluit.

Maar die VN se vermaarde “vredesoperasies” is ‘n oorblyfsel van die Koue Oorlog en uitgedink toe Islamitiese terreur nog nie eens in sy kinderskoene was nie.

Vir ISIS, is Libië die tweede front, asook ‘n basis van waar olie gesmokkel kan word om hul internasionale, let wel, veldtog te bestuur.

En daar lê die knoop. Terwyl ISIS oor ‘n globale strategie beskik, het Europa geen strategie nie. Die vals stemme in die koor het reeds opgeklink toe Merkel lidlande vertel het om hul kwota immigrante te aanvaar.

Europa se anti-immigrasiebeleid is boonop naïef en kortsigtig, want die destabilisering van die hele Noord-Afrika wat migrante produseer moet bestuur word en kan nie deur lande op hul eie aangepak word nie.

Frankryk se bedrywighede in Senegal en Mali hou hulle besig genoeg. Groot-Brittanje sal in elk geval nie die Middellandse See verlaat sodat Frankryk en Italië die Libiese kus kan terugneem nie.

Die drie uiteenlopende belange van die drie lande wat veronderstel is om saam te staan, voorspel niks goeds vir ‘n noodsaaklike gesamentlike strategie nie.

Die Verenigde State sal waarskynlik voortaan minder intervensionisties wees, en die klein en medium-grootte Europese moondhede sal ‘n nuwe globale speler moet soek om na die partytjie toe te kom.

China is natuurlik die nuwe globale speler en hulle beskik oor uitstekende betrekkinge met Israel. China het ook ‘n strategiese verhouding met die Russiese Federasie.

China het intussen deur Israel die mees gevorderde tegnologie aangeskaf.

Die Europese Unie sal dus ‘n nuwe geopolitieke en ekonomiese aanslag moet bedink, een wat die heersende oliepolitiek sal kan oorleef, want ISIS kan tot China se voordeel ingespan word om Noord-Afrika van Westerse en Russiese invloed te suiwer.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.