Radikale-sjiek kruipers ‘bly’ nie by Woordfees

Deel op

Dit was toe nie “bly” nie – die woordmerk vir die Woordfees 2016 – maar “hartseer” en “weghardloop”.

Die rektor van die Universiteit Stellenbosch, Wim de Villiers, en Max Price, rektor van die Universiteit van Kaapstad, moes Donderdagaand op die vlug slaan nadat swart oproermakers hul optrede ontwrig het.

Die twee het ontdek dat hul gekruipery by geweldenaars heel voorspelbaar nog meer dreigemente van geweld gebaar het, ook teen hulle persoonlik.

Die rektore was deel van ‘n Woordfeesgesprek in Stellenbosch waar hulle die gewone eenrigtinggesprek oor hul eie radikale-sjiek voortreflikhede gevoer het teen die agtergrond van die heersende swart opstand by tersiêre instellings.

Oproermakers wat nou al geruime tyd lukraak eise stel oor allerlei kwessies, het ‘n voertuig naby Admin B van die US in ligte laaie gelaat en glo ook ‘n petrolbom in die gebou gegooi.

Die swart oproeriges het die verhoog bestyg terwyl die sprekers gepraat het en die gehoor begin beledig omdat hulle in Afrikaans beswaar gemaak het.

Henry Jeffreys, gespreksleier en voormalige bruin redakteur wat toegesien het dat Die Burger se sirkulasie na benede tuimel, kon nie die oproeriges oorreed tot redelikheid nie, ten spyte daarvan dat hy sy groot insig en bedrewenheid met sulke sake voorheen voortdurend aan sy lesers opgedwing het.

De Villiers se kruiperige houding het die indringers ook nie beïndruk nie. Hy is luidkeels deur die oproermakers as ‘n rassis uitgekryt wat min belangstelling getoon het in die rektor se radikale-sjiek poging tot “dialoog”.

Weens vrees vir hul veiligheid het die twee kruipers en bruin gespreksleier daarna die aftog geblaas en hulself vinnig uit die voete gemaak.

De Villiers veral, wat oor die afgelope maande besonder tegemoetkomend teenoor die oproermakers was, was haastig nadat hy klaarblyklik besef het dat hy sy troetelnegers nie voortaan so maklik aan ‘n wit gehoor sal kan verkoop as “studente met redelike eise” nie.

Verslaggewers van Netwerk24 is met dieselfde minagting behandel. Hulle is, toe hulle die petalje wou verfilm, aangerand en uitgeskel: “Fokof jou poes! Fok die media!”

Die sekuriteit is eers ingeroep nadat die verrigtinge weens die ontwrigting afgelas is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.