Nigerië, Switserland kom ooreen oor ouddiktator se geld

Deel op

Nigerië en Switserland het ’n ooreenkoms onderteken wat die weg baan vir die ontvangs van meer as $300 miljoen wat van die familie van Nigerië se voormalige militêre heerser, Sani Abacha, gekonfiskeer is, het Nigerië se visepresident aangekondig.

Transparency International, ’n korrupsie-waghond, het Abacha daarvan beskuldig dat hy tydens die vyf jaar wat hy aan bewind was, vanaf 1993 tot sy dood in 1998, tot soveel as $5 miljard aan staatsgeld gesteel het.

Nigerië se prokureur-generaal het ’n brief van voorneme onderteken ingevolge die voorwaardes deur Switserland gestel om US$321 miljoen “wat deur die Abacha-familie bekom is”, aan Nigerië te betaal, het Reuters berig.

Nigerië se president, Muhammadu Buhari, wie se ampstermyn verlede jaar begin het, het ‘n veldtog teen korrupsie aangekondig.

Hy het Brittanje en Amerika versoek om te help om geld terug te vind wat deur sommige van die land se vooraanstaandes oor etlike jare gesteel is.

Die ekonomiese krisis in Afrika se grootste ekonomie wat teweeggebring is deur ’n drastiese daling in die olieprys, maak dit gebiedend noodsaaklik dat die land geld moet terugkry wat weens korrupsie verloor is.

Nigerië het ook intussen ‘n reuseboete op die Suid-Afrikaanse selfoonmaatskappy MTN gehef.

In 2014 het Nigerië en die Abacha-familie ’n ooreenkoms bereik sodat die land die geld kan terugkry. In ruil hiervoor is klagte teen die voormalige heerser se seun, Abba Abacha laat vaar.

Hy het in April 2005 in ’n Switserse hof tereggestaan op klagte van geldwassery en korrupsie nadat hy uit Duitsland gedeporteer is.

Hy het later 561 dae in aanhouding deurgebring. In 2006 het Luxemburg opdrag gegee dat die geld van die jonger Abacha bevries word.

‘n Soortgelyke versoek deur Tunisië is aan Switserland gerig om die president Ben Ali, wat deur die Arabiese Lente ontsetel is, se fondse terug te betaal.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.