RSG: Swart bevoorregtes gee witheid die skuld vir alles wat verkeerd is

Deel op

RSG, wat uitsaai vanaf die Woordfees in Stellenbosch, het hul luisteraars met menings oor “wit bevoorregting” oor die kop geboender.

Die tema is besonder vreemd aangesien die raswette van die ANC wittes uitsluit van die ekonomie. Die term “swart bevoorregting” is dus eerder ‘n weerspieëling van die werklikheid in Suid-Afrika.

‘n “Gedig” deur ‘n “wit bevoorregte” is ook vir die Marxistiese anti-wit brigade se propagandadoeleindes opgedis en op sosiale media versprei.

Ek ry in ‘n motor gekoop deur my pappie
En ek bly stil oor my dosent se rassistiese grappie
Ek klou stywer aan my beursie as ‘n swart man nader loop
En die deure in my lewe staan almal wawyd oop
Ons spot vir Zuma wanneer hy getalle hardop lees
Want dis mos lekker om ‘n wit Suid-Afrikaner te wees
Ons kla oor BEE, en oor kwotas is ons suur
Ons blameer werkloosheid eenvoudig op ‘n lui-wees kultuur
“Bruh, ek wil net graadvang en New Zealand toe emigreer”
“Apartheid is verby, hoekom kla hulle alweer?”
Ons is dan deel van die Madiba-reënboognasie
En daardie klomp maak net alweer ‘n gerasie
FeesMustFall was onnosel, en “annoying as hell”
Want nou moes ons trippies Europa toe uitstel
“Ek’s nie ‘n rassis nie, ek’t dan ‘n swart maat!”
Maar luister jy as hy oor pyn probeer praat?
Hey, wanneer gaan ek my goue sterretjie wen?
Want ek het nou mos my wit voorreg erken
Ek haal vir Biko aan, glasie rooiwyn in my hand
En ek sê vir die vegters: “Ek’s aan julle kant”
Intussen is geboue en siele aan die brand
Studente word deur hul beskermers aangerand
Gesinne moet leef op onder vyf duisend rand
Daar’s pyn en onregverdigheid regoor ons land
Daar’s duisendes sonder die kans om te studeer
In plek van uitreiking: ‘n rubberkoeëlgeweer
Sisteme onderdruk, en harte kry seer
Dan sê jy met trots: “Ek sien nie kleur”
Ek voel ongelooflik skynheilig om enigsins kommentaar te lewer, maar wraggies:
Sommige van die gesprekke waarvan ek hierdie week deel was
was so belaai met rassisme en haat en onkunde
dat ek begin oorweeg het om myself net te isoleer.
Ja, ek weet dat die aanvallenheid van baie studentebewegings nie lekker is nie.
Dit maak vir my ook ongemaklik.
En sonder om enige aksie te probeer regverdig, is my standpunt eintlik net dit:
Ons moet verstaan waarom soveel mense nogsteeds bitter bly.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.