‘n Vierde student van die Universiteit van Kaapstad is Dinsdagaand naby die Rhodes-gedenkteken verkrag.
Sedert Desember word studente daar voorgelê en seksueel aangerand, het Gerda Kruger, UK-woordvoerder, Donderdag laat blyk.
Hulle bied intussen glo berading aan sulke slagoffers.
Dinsdag se aanval is moontlik deur dieselfde verdagte as die vorige verkragtings gepleeg, sê Kruger.
Die student het gaan draf toe sy ernstig aangerand en in die bosse verkrag is.
Die verkragter het haar met ‘n mes aangehou, maar sy kon later daarin slaag om te ontsnap en hulp te ontbied.
Die UK het studente en personeel gevra om nie alleen te gaan stap of draf na donker nie.
Die polisie het eers ‘n week of twee gelede ‘n indentiteitsvoorstelling uitgereik van die vermeende verkragter, ‘n swartman, Patrick Hlomane.