Die polisie monitor die situasie by die KwaSithebe Nywerheidspark op Mandeni aan die KwaZulu-Natalse noordkus waar ‘n agtste fabriek gisteraand aan die brand gesteek is, het RSG berig.
Die polisie het ook hulle hande vol gehad toe onbekende mense probeer het om sakeondernemings naby die eMakhempini-sportveld aan die brand te steek.
Die skade by die fabrieke word reeds op 15 miljoen rand beraam.
Die geweld het uitgebreek oor die ANC se proses om kandidate te benoem vir die komende plaaslike verkiesings.
Die hoofmanne het ‘n nuwe indoena aangewys om kandidate vir die komende plaaslike verkiesing te kies.
Die protesgangers het vroeër geweier dat ANC-leiers hulle toespreek totdat sowat 120 mense, wat weens brandstigting en openbare geweld in hegtenis geneem is, vrygelaat word.