Janusz Walus sal op parool vrygelaat word. Sy prokureur, Roelof du Plessis, het Donderdagoggend die Poolse immigrant se vrylating bevestig.
Walus het die leier van die Kommuniste, Hani in sy oprit in Boksburg in April 1993 doodgeskiet.
Die SAKP was teenwoordig en woordvoerder Alex Mashilo sê hulle is teleurgesteld, maar nie verbaas nie.
Terwyl die paroolraad Walus die groen lig gegee het, het die minister van justisie, Michael Masutha geweier, omdat “verdere dialoog met die party en die Hani-familie” glo nodig was.
Die regspan wat Walus verteenwoordig het, het aangevoer dat Masutha bevooroordeeld was teen hul kliënt, en het gesê die besluit van die minister van justisie om nie parool toe te staan nie, was uitsluitlik as gevolg van politieke vooroordeel en inmenging.
Walus en sy mede-gevangene Clive Derby-Lewis is in 2014 beseer ‘n beweerde SAKP-sluipmoordaanval deur ‘n bendeleier wat omgekoop is in die Kgosi Mampuru (voorheen Pretoria Sentraal) Gevangenis.
Ander gevangenes het die twee gered van ‘n gewisse dood. Die SAPD sou die voorval ondersoek, maar na twee jaar is daar nog geen besonderhede vrygestel nie.
Derby-Lewis en Walus is albei gesteek met ‘n “kombuislepel”, het ‘n woordvoerder van Korrektiewe Dienste Manelisi Wolela gesê.
Die bendeleier het die twee voorheen met rus gelaat, maar die SAKP wou klaarblyklik nie hê hulle moet die gevangenis oorleef nie.