Al- Sjabaab weer glo aanval af

Deel op

Volgens die Islamitiese groep Al-Sjabaab, het hulle ‘n aanval op een van hul basisse in die suide van Somalië afgeweer.

Buitelandse kommando’s het glo met twee helikopters ingevlieg en die aanval geloods. Een Al-Sjabaab-militant is in die aanval dood.

Sjeik Abdiasis Abu Musab, Al-Sjabaab se woordvoerder vir militêre operasies, het nie die nasionaliteit van die troepe geïdentifiseer wat in die aanval ongeveer 50 km suid van Mogadisjoe, betrokke was nie.

Verskeie lande onder die vaandel van Amisom staan die Somaliese regering by in hul stryd teen die Al-Sjabaab-insurgensie.

Die sending bestaan uit troepe van verskeie Afrikalande wat sy aan sy met die Somaliese weermag veg.

Amerikaanse amptenare het in 2014 bekend gemaak dat Amerikaanse militêre adviseurs sedert 2007 in die geheim in Somalië betrokke is en dieper betrokke sal raak om die Islamitiese bedreiging af te weer.

Washington het oor die naweek aangekondig dat lugaanvalle Saterdag op ’n ander Al-Sjabaab-basis uitgevoer is en dat meer as 150 Islamitiese vegters in daardie aanval dood is.

Hulle het glo van onbemande tuie gebruik gemaak om twee sleutelfigure uit te wis. Al-Sjabaab wou nie die Pentagon se verklaring bevestig dat hulle die twee, Ugaas en Mire gedood het nie.

Die VSA het hommeltuie in Jemen sowel as in Somalië ontplooi.

Ondertussen berig Reuters dat ’n motorbomontploffing in die Somaliese hoofstad, die week die lewens van drie mense geëis het.

Die drie slagoffers was almal polisiemanne.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.