MTN kry die skuld vir Boko Haram-sterftes

Deel op

President Jacob Zuma sê die regering sal nie probeer om die geskil tussen die selfoonmaatskappy MTN en die Nigeriese regering in die guns van die Suid-Afrikaners te besleg nie.

Zuma sê dit is ‘n kwessie tussen MTN en Nigerië en hulle sal wag tot die twee partye die kwessie afgehandel het.

Die Nigeriese president, Muhammadu Buhari, het vroeër MTN die skuld gegee vir die dood en ontvoering van Nigeriërs deur die Boko Haram-militante groep.

Die Nigeriese kommunikasie-kommissie het MTN met bykans R80-miljard rand beboet omdat hy nie die reëls vir simkaart-registrasie nagekom het nie.

Buhari het gesê duisende ongeregistreerde simkaarte het in die hande van terreurgroepe beland.

“Tussen 2009 en vandag, is ten minste 10,000 Nigeriërs vermoor deur Boko Haram. Dit was die rede waarom NCC gevra het dat MTN, Glo en die res van hulle hul selfone moet laat registreer. Ongelukkig was MTN baie, baie stadig en het bygedra tot die ongevalle”.

Selfs al het die maatskappy onlangs ‘n betaling van $250 miljoen gemaak om ‘n skikking te fasiliteer, het Nigerië se president volgehou om die maatskappy verantwoordelik te hou.

MTN bied diens aan meer as 200 miljoen mense in Afrika en die Midde-Ooste. Nigerië is na bewering die selfoon-reus se grootste mark.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.