ANC keelvol vir Nederlandse bomplanters

Deel op

Die ANC se sekretaris-generaal Gwede Mantashe het nou genoeg gehad van die Nederlandse bomplanters.

Hy het die Nederlandse anti-apartheidbeweging (AAM) gevra om hul inmenging in Suid-Afrika se besluite te staak.

Sy kommentaar volg na ‘n ope brief deur die AAM aan Mantashe en sy adjunk Jessie Duarte gerig is waarin hul “ernstige kommer” uitspreek oor die “onlangse polisie en ander amptelike ondersoeke na ‘n paar van ons kamerade”.

Die brief kom te midde van die bohaai oor ‘n ondersoek van die Valke teen ‘n geheime eenheid in die Suid-Afrikaanse Inkomstediens.

AAM noem die minister van finansies, Pravin Gordhan by name in die brief.

In die brief word beweer dat Gordhan “vandag gebrandmerk is as vyand van die staat” terwyl hy en sy vriende ondergrondse weerstand teen apartheid gebied het.

In reaksie hierop het Mantashe gesê: “Inmenging met prosesse in ons land is nie solidariteit nie. Dit is inmenging.”

Hy het bygevoeg dat ‘n vriend van die ANC nie kwessies deur middel van ‘n ope brief sou hanteer nie.

“Ek dink dit is ‘n stap te ver,” het Mantashe gesê.

Die brief is onderteken deur die voormalige leiers van die Nederlandse AAM, insluitende sy oudpres Conny Braam, voormalige sekretaris-generaal Fons Geerlings, voormalige tesourier Kier Schuringa en die voormalige redakteur van ‘n anti-apartheid publikasie, Bart Luirink.

Luirink beskryf noukeurig die bande tussen die Nederlandse bomplanters en hoe hulle gehelp het met Operasie Vula, waarin Gordhan ook ‘n sleutelrol gespeel het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.