Ons ‘eie’ mense is die vyand

Johan Steyn skryf op 9 Desember in 'n brief, Die handskoene moet nou af. Johan, jy neem die woorde uit my mond. Die handskoene móét af, maar weet jy dat ons in die eerste plek teen 'n groot deel van ons "eie" mense sal moet baklei?

My mond hang daagliks oop oor die vlak van intelligensie van Afrikaanssprekers (ek's seker hulle sal gestigmatiseer voel as jy hulle "Afrikaners" noem) wat opreg glo dat ons klein groepie blankes in vrede, veiligheid, voorspoed en geregtigheid saam met 'n massiewe oormag swartmense kan saamwoon.

Wát jy ook al sê, en hóéveel feite jy ook al onder hul aandag bring, hulle glo steeds ons moet maar net harder werk aan 'n "gemeenskaplike doel".

Vertel jy hulle van die derduisende moorde op blankes, word jy daarvan beskuldig dat jy "goedkoop sensasie peddle" en dat jou "klem-op-een-pigmentasie-vooroordeel skreiend" is.

Te midde van daaglikse rassistiese aanvalle van swart op wit, rassistiese wetgewing teen blankes, rassistiese uitlatinge teenoor blankes, word jy dadelik uitgekryt as "rassis" as jy jou mond vir jou eie ras en eie volk durf oopmaak.

Jy word verkwalik omdat jy jou "rassistiese onsinnighede die hele wêreld vol blaker".

Jy moet stilbly, en liefs dalk nog met 'n swart koeël Annerland toe gepos word, want jy maak hulle lewe net nog moeiliker.

Dit slaan my regtig dronk, hierdie waansinnige vasklou van ons eie mense aan die idee dat dinge sal regkom as ons net ons houding wil verander, as ons tog net nie so "negatief" wil wees nie, as ons net ons "onverdedigbare vooroordele" wil afskud, as ons tog net "nie-rassig" wil raak, as ons net 'n bietjie meer hand wil uitsteek na die arme swartes, net 'n bietjie meer simpatie aan die dag wil lê.

En o wee, praat jy nou in die rigting van 'n eie blanke Boereland, wat indien nodig met die "handskoene af" teruggeneem gaan word, skuimbek hulle van verontwaardiging – elke stink Afrikanerkoei word uit die geskiedenissloot gekrap en in jou gesig gegooi.

Dis heeltemal in orde dat oud-president Nelson Mandela saam met sy kamerade in isiXhosa sing dat hulle, die MK, gesweer het om die ama-Bhulu dood te maak. (Ama-Bhulu beteken witmense.) Hierdie video is te sien op www.plaasaanvalle.co.za en www.farmmurders.com.

Maar kan jy jou voorstel watter histeriese verdoeming gaan losbars as die blankes gaan sing van hoe hulle die swartmense gaan "terugkry"? Waarskynlik sal die weermag ingeroep word.

Ek het nog nêrens gelees of gehoor dat blankes by die begrafnisse van geliefdes wat die mees afgryslike marteldood aan die hand van swartes gesterf het, sing hoe ons blankes die swartes gaan doodmaak nie.

Ons sogenaamde regses weet dat die swartmense ons minag – in hul kultuur is die sterkste die baas. Jy kan hóé intelligent of redelik of rasioneel of nie-rassig of kruiperig of regverdig teenoor hulle wees soos wat jy wil – jy is NIKS as jy in hul oë geen mag het nie.

Maar … 'n groot deel van ons eie mense minag ons net soos wat die swartman die blanke minag.

Ek sal graag wil hoor wat ander Praagers oor hierdie kwessie te sê het, naamlik dat ons "eie" mense die eerste linie van die vyand vorm.

Ns: En ek het nog baie te sê oor ons "eie" mense se verguising, aftakeling en vernedering van Afrikaans. Hou hierdie spasie dop.

светильники на домДанильченео

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.