Nog ‘n gebou stort ineen in Nigerië

Deel op

Nooddienswerkers in Lagos in Nigerië soek steeds na moontlike oorlewendes onder die puin van ‘n vyf-verdiepinggebou wat ingetuimel het.

Die dodetal staan tans op minstens 18, maar vrese bestaan dat dit verder sal styg, het RSG berig.

Nooddienswerkers sê hulle werk onverpoosd omdat stemme onder die puin steeds opklink. Elf mense is vroeër gered.

Die gebou het vermoedelik weens sanderige grond ineengestort. Die erf was eers ‘n rivier wat onlangs met sand opgevul is.

In September 2014 is 116 mense, waaronder 81 Suid-Afrikaners dood toe ‘n gastehuis by die kerk van die prediker, TB Joshua ineengestort het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.