Tunisë en Libië raak by grens slaags

Deel op

Tunisiese veiligheidsmagte het die week met gewapende soldate naby die grens met Libië slaags geraak, minder as ’n week nadat vyf militante wat oor die grens gekom het, deur veiligheidsmagte doodge­skiet is.

Die gewapende mans het probeer om ’n pos van die nasionale wag en weermagbarakke in die dorp, Ben Guerdane, aan te val toe die gevegte uitgebreek het.

Minstens vier burgerlikes is in die gevegte gewond.

Die gevegte het omstreeks 04:30 uitgebreek en teen dagbreek het dit steeds gewoed. Troepe in die grensgebied is op ’n hoë gereedheidsgrondslag sedert ’n Amerikaanse lugaanval op 18 Februarie ’n opleidingskamp van die Islamitiese Staat (ISIS) groep in Libië gebombardeer het.

Altesaam 18 Tunisiese militante is in die aanval dood.

Minstens vier van die vyf militante wat verlede Woensdag naby Ben Guerdane dood is toe hulle hul vaderland vanuit Libië binnegesypel het, was Tunisiërs.

Dodelike aanvalle op buitelandse vakansiegangers verlede jaar het die Tunisiese toerismebedryf ’n ernstige knou toegedien.

Die skermutselinge het vrese laat ontstaan dat die geweld in Libië kaan oorspoel na hul buurland.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.