Angolese bestuurder doen toetsrit vir Williamsspan

Deel op

Image

‘n Formule 3-motor

Die Williamsspan het die Angolese bestuurder Raphael Teixera genooi om vir hulle te kom toetsbestuur, wat die hoop laat opvlam dat die land sy eerste Formule 1-jaer kan kry, het die staatsmedia berig.

Teixera, wat tans in die Formule 3 ry vir die Brits gebaseerde Ultimate Motorsportreeks, hoop om vroeg in Januarie te kan begin met die toetsbestuur, volgens die daaglike Angolese sportblad, Jornal dos Desportos.

Die 26-jarige se vader en bestuurder, Jorge Teixera, het aan die koerant gesê dat hy verras is deur die uitnodiging van Williams, maar het bygevoeg dat hy glo Angola is naby daaraan om hulle eerste Formule 1-jaer te kry.

Teixera het sy resiesloopbaan begin in die Portugese knortjorbane in 2000, waarna hy in 2002 aangesluit het by die Formule 3-reeks.

Formule 3 is bekend dat dit 'n teelaarde is vir Formule 1.

Wêreldkampioene Ayrton Senna, Mika Hakkinen, en Nelson Piquet was almal Formule 3-kampioene.

трусы шорты для девочеклобановский александр

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.