Lyk by laerskool: Polisie, veiligheidsmaatskappy beskuldig mekaar

Deel op

‘n Moord word ondersoek nadat ’n lyk Maandagoggend by Laerskool Wonderboom-Suid in Pretoria gevind is.

Polisiewoordvoerder adjudant-offisier Hero Gumbu sê die oorsaak van die man se dood is nog onbekend en niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie.

Die Gauteng departement van onderwys is nie bewus van die voorval nie.

‘n Veiligheidsmaatskappy-woordvoerder sê hulle het Sondagnag na ’n noodoproep ondersoek by die skool gaan instel.

Blykbaar is ‘n swartman opgemerk wat tussen die eiendomme in die omgewing rondbeweeg het.

“Die man het oor ’n muur van die skoolperseel gespring en werkers van die skool het hom aangekeer,” het die woordvoerder gesê.

Die polisie het klaarblyklik nie dadelik gereageer op die wenk nie.

Werkers by die skool het die man verrmoedelik aangehou, en teen Maandagoggend het die polisie die man dood aangetref.

Adjudant-offisier Hero Gumbu het bevestig die lyk was die van die man wat vroeër by die skool aangehou is.

Wilde aantygings is deur die polisie gemaak dat die veiligheidsmaatskappy verantwoordelik is vir die man se dood, maar toe veiligheidsmaatskappy se personeel die perseel verlaat het, was alles glo nog onder beheer.

Gumbu sê die veiligheidsmaatskappy se optrede op die misdaadtoneel word ondersoek.

Skoolhoof Rina Pretorius sê sy is aangeraai om geen kommentaar oor die aangeleentheid te lewer nie.

Die laerskool moes in 2014 ‘n reuse geldinsamelingspoging van stapel stuur vir ‘n beter sekuriteitstelsel vir die skool nadat hulle op 8 September beroof is.

Die skool is vanjaar 103 jaar oud en ten spyte van talle briewe wat hulle aan die Departement van Onderwys gestuur het, ontvang hulle geen hulp of ondersteuning vir die beveiliging van die onderwysers en leerlinge nie.

Die onderwysdepartement bied slegs berading aan vir slagoffers van misdaad.

Bron: Rekord Moot

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.