Dan Roodt: Kan ‘n Trump-presidentskap die ANC tot ‘n val bring?

Deel op

Kan Donald Trump die volgende Amerikaanse president word? En watter gevolge sou dit vir Suid-Afrika inhou? Ons weet dat Jan Smuts gesê het dat ons land se toekoms “altyd in die buiteland bepaal sal word” en gedagtig aan FW de Klerk se halsoorkopoorgawe onder buitelandse druk, was dit nog nooit so waar soos oor die afgelope twintig of dertig jaar nie. Onder Clinton en Obama was daar Amerikaanse ingryping in vele lande, met “regimeveranderings” in Noord-Afrika en in Oos-Europa. Donald Trump mag baie krities begin kyk na Suid-Afrika se ekstreemlinkse, antiwit bewind wat gereed maak om die land in dieselfde rigting as Zimbabwe te stuur.

Terwyl vele hoofstroommeningsvormers hulle nog enkele maande gelede doodgelag het vir Donald Trump, lyk die Amerikaanse miljardêrsakeman al hoe meer onstuitbaar. Met gisteraand se benoemingsverkiesings in Mississippi en Michigan onder sy gordel, is Trump besig om sy Republikeinse teenstanders soos Ted Cruz, Marco Rubio en John Kasich al hoe verder in die stof agter te laat. Terwyl ek hierdie rubriek skryf, wil dit lyk asof Trump in Mississippi selfs meer as 50% van die stemme kan inpalm, wat sou beteken dat hy al die afgevaardigdes in dié deelstaat by sy totaal sou kon voeg. Dit sou ‘n ramp-in-die-kleine vir sy mededingers beteken, veral vir Ted Cruz wat die enigste is wat nog naastenby by Trump kan kers vashou wat afgevaardigdes betref. Aanstaande week op 15 Maart vind sogenaamde “wenner-vat-als”-benoemings in Florida en Ohio plaas, met Trump wat in meningsopnames reeds met agt persentasiepunte of meer in die groot deelstaat Florida voorloop. Marco Rubio, die Republikeinse establishment se gunstelingkandidaat, wie se tuisstaat dit is, loop gevaar om heeltemal uit die wedren geknikker te word indien Trump Florida sou wen.

Trump is ‘n nuwe verskynsel: ‘n regse of konserwatiewe kandidaat wat ondanks die honende vyandigheid van die hoofstroommedia en selfs die grootbase en geldskieters binne sy eie party, toenemende kiesersteun monster. Invloedryke Amerikaanse koerante soos die New York Times, Washington Post en die Los Angeles Times, het reeds herhaaldelik venynige aanvalle op Trump geloods. Hulle het hom ‘n “rassis” en “fascis” genoem, asook met Hitler en Mussolini vergelyk. Onder blanke kiesers in Suid-Afrika sou so ‘n mediabelastering sekerlik die doodskoot vir enige kandidaat gewees het, maar sy meesal blanke Amerikaanse kiesers steur hulle nie meer aan die media nie. Hoe meer hy deur die ultraliberale New York Times, asook die TV-kanale soos CNN of selfs die konserwatiewe Fox News aangeval word, hoe meer stem hulle vir hom.

Dieselfde hoofstroommeningsvormers wat tot onlangs voorspel het dat Trump nie eens die eerste paar rondtes van die benoemingstryd sou oorleef nie, voorspel tans dat hy as Republikeinse presidentskandidaat nie ‘n kat se kans teen Hillary Clinton in die presidentsverkiesing staan nie. Hoewel Hillary in die Demokratiese benoemingstryd redelik ver voorloop teenoor haar onmiddellike teenstander, die linkse Bernie Sanders, lyk sy tog kwesbaar. Benewens die oorweldigende steun wat Clinton onder swart kiesers in die Suide van Amerika geniet, iets wat haar tot dusver bevoordeel het, lyk sy glad nie so sterk in die res van Amerika nie. So pas het die nuus bekendgeraak dat Clinton gisteraand teen Sanders in Michigan verloor het. Toe Sanders begin voorloop met die stemtellery, is daar gehoop dat die stemme uit die swart gebiede van Detroit dalk tot Clinton se redding kon kom. Toe nie. Hoewel haar neerlaag nie veel aan haar afgevaardigdevoorsprong bo Sanders gaan verander nie, besorg dit aan hom ‘n klinkende morele oorwinning wat sy ondersteuners nuwe moed gee. Die knaende welslae van ‘n buiteperd soos Sanders, wat nes Trump ‘n anti-establishmentkandidaat binne Demokratiese verband is, dui egter op groot gapings in Hillary Clinton se steunbasis wat haar in ‘n toekomstige stryd teen Donald Trump duur te staan mag kom. Trouens, sommige van Bernie Sanders se linkse kiesers mag selfs hul stemme vir Trump uitbring. Ander Sanders-kiesers dui in meningspeilings aan dat hulle eerder buite stemming sou bly indien Sanders nie as Demokratiese kandidaat aangewys word nie.

Gestel egter die hoofstroommedia se ergste nagmerrie word waar en Trump bestyg die Withuis ná 8 November vanjaar? Hy het belowe dat hy sal ophou met Amerika se onnodige oorloë in ander wêrelddele, soos Noord-Afrika en die Midde-Ooste, asook konstruktief saam met Rusland sal werk. Die burgeroorlog in Sirië mag dalk sodoende beëindig word.

Waarskynlik het die herhaalde aanvalle op Trump as “rassis” taamlike simpatie by hom gewek vir ander mense en groepe wat insgelyks deur die links-liberale media verguis word. Soos Afrikaners, byvoorbeeld? Trump het reeds hier en daar te kenne gegee dat hy nie van Robert Mugabe hou nie, weens sy konfiskering van blanke boere se bates in Zimbabwe. Met die Effers en ANC wat Mugabe in soveel opsigte na-aap, mag Trump se argwaan jeens dié groepe insgelyks toeneem.

Onder Trump se presidentskap sal daar onluste in die meeste Afro-Amerikaanse buurte uitbreek. Daarvoor sal Hillary en die linkse media sorg. Die huidige rassepolarisering in Suid-Afrika sal dus insgelyks in die VSA weerspieël word.

Die Suid-Afrikaanse media volg reeds die meer linkse Amerikaanse en Britse media slaafs na. Hulle is tans erg anti-Trump en sal met Trump as president oorgaan tot volslae anti-Amerikaanse histerie. Waarskynlik sal die Effers die “rassistiese” Amerikaanse ambassade in Pretoria probeer beset, soos hulle tans met Tukkies probeer doen.

In ‘n wit-swart gepolariseerde wêreld sou dit vir Donald Trump sin maak om die lot van Afrikaners en blankes as ‘n kaart in sy Amerikaanse en globale pokerspel te gebruik. Waarom nie ook minderheidsregte aan Afrikaners toeken soos wat Afro-Amerikaners in die VSA geniet nie? Of selfbeskikking in eie gebiede, selfs ‘n volkstaat nie?

Dit mag waar wees dat die Afrikaner hom in sy lot onder die ANC berus en nie in vryheid belangstel nie. Immers stem feitlik alle Afrikaners vir die ANC Lite, die DA met sy swart leier wat ook links en regs sy eie blanke kiesers van “rassisme” beskuldig. Agri SA pas vrywillig “grondhervorming” toe en die senate van die Afrikaanse universiteite stem keer op keer ten gunste van verengelsing en die etniese suiwering van hul eie kampusse van bleekvellige studente en dosente. Ek verkeer dus onder geen illusie dat Afrikaners ooit self teen die ANC en EFF sou wou opstaan nie. Maar net so willoos as wat die dom, konformistiese Broederbond-NP-groepering van destyds aan die SAKP en ANC oorgegee het, sal hulle enige ander Amerikaanse oplossing wat van buite af op die land afgedwing word, aanvaar. In elk geval is dié mense nie meer ‘n faktor nie, hoewel Naspers, Afriforum en Solidariteit seker kliphard teen Donald Trump en Amerika se “rassisme” sal skree.

“Los ons uit. Ons wíl deur die ANC regeer word!” sal die krete weerklink. Maar net soos wat ‘n klein minderheid blanke, meesal Joodse, kommuniste sonder enige kiesersteun – die SAKP het in die veertigerjare konstant sy deposito’s verloor waar hy in verkiesings gestaan het – uiteindelik die land met buitelandse steun oorgeneem het, mag ‘n handjie vol stoere Afrikaners in mnr. Trump hul “troefkaart” sien. Danksy al die artikels op PRAAG se Engelse webwerwe, ons besoeke aan die VSA en skakeling met pro-wit groepe wat almal bankvas agter Trump staan, is daar reeds voorbrand gemaak vir Afrikaans-Amerikaanse samewerking.

Die huidige Amerikaanse ambassadeur in Pretoria heet Patrick Gaspard. Nou die dag sien ek hom in sy koeëlvaste, twaalfsilinder-BMW raak en ‘n paar dae later weer saam met sy vrou in die Sandton City-winkelsentrum. Daar is ‘n soort ongemaklike oomblik as ons mekaar herken. Sonder enige rede het hy my op Twitter versper, waarskynlik omdat hy daarvan bewus is dat ek tot die gehate Afrikanervolk behoort. Gaspard is in die Kongo gebore en het agterna in Chicago by Obama se linkse, antiblanke versetsgroepe betrokke geraak, daarom is hy met die ambassadeurskap in Suid-Afrika beloon. Vir seker sal hy onder mnr. Trump nie lank hou nie. Inteendeel, mnr. Trump mag dalk net iemand soos Jared Taylor van American Renaissance aanstel. Nie net is Taylor ‘n leiersfiguur in die pro-blanke beweging in die VSA nie, maar hy dra ook uitvoerig kennis van Suid-Afrika, plaasmoorde en antiwit diskriminasie. Soos Trump, word hy gereeld deur die liberale media in die VSA vir ‘n “rassis” uitgekryt, al het hy nog nooit in sy lewe die woord “nigger” gebruik nie. Die ANC en die Effers sal seker ‘n floute vang, maar met Trump in die Withuis, sal enigeen nog omgee wat die narre wat hul in ons land as politici voordoen, dink?

Die hele gespuis wat De Klerk – gesteun deur die verraderlike plaaslike en oorsese media – oor ons aangestel het, moet weg. Daar moet opnuut oor politieke oplossings vir Suid-Afrika gedink word. Sogenaamde “swart meerderheidsregering” lei regstreeks na korrupsie, geweld en armoede. Trump is ‘n sakeman en dus kan hy nie korrupsie, geweld en armoede as begeerlike uitkomste vir “regering” sien nie.

Soos Richard Spencer, nog een van die jong, pro-Westerse intellektuele in Amerika en ‘n persoonlike vriend van my, oor Trump gewiet het:

Min Afrikaners besef dit nog, want sotte soos Leopold Scholtz of Max du Preez het dit nog nie vanaf hul preekstoele in ‘n Media24-koerant aangekondig nie, maar Trump het reeds die wêreld verander. As hy in die Withuis kom, gaan die poppe dans.

Die feit dat die meeste Afrikaners dus vir hul eie “Obama”, Mmusi Maimane, stem, behoort ons min te skeel. Demokrasie het in Suid-Afrika nog altyd baie min getel. Dis bloot ‘n sirkus wat aandag van die werklike magsverhoudinge en buitelandse invloed aflei. Soos die skerpsinnige Smuts ingesien het, word ons lot buite ons grense bepaal.

Die aardbewing as Trump in die Withuis kom, sal tot hier gevoel word. Die handjie vol Afrikaners wat nog lojaal teenoor ons eie mense en die Westerse beskawing staan, moet regmaak daarvoor. Daar is ‘n groot golf op pad, selfs ‘n tsoenami. En dié keer is dit ‘n wit tsoenami!

Binnekort drink ons dalk groentee – dis wat ek deesdae drink, nie meer koffie nie – in die Amerikaanse ambassade by Pretoriusstraat 877 saam met mnr. Jared Taylor. Ons sal nie eens ons probleme aan hom hoef te verduidelik nie, want hy verstaan dit reeds. Daar moet meer as een manier wees om van die ANC en die Effers, sonder geweld en te veel bohaai, ontslae te raak. As hulle almal net van die misdade en korrupsie wat hulle reeds gepleeg het, aangekla word, sal daar nie genoeg plek op Robbeneiland of in Polssmoor wees om hulle almal aan te hou nie.

Op die Britse Guardian se webblad het daar nou die dag ‘n interessante artikel verskyn oor die versweë rassedinamiek wat die Amerikaanse politiek dryf: American crossroads: Reagan, Trump and the devil down south: How the Republican party’s dog-whistle appeal to racism, refined by Richard Nixon and perfected by Ronald Reagan, led inexorably to Donald Trump. Volgens die skrywer, Ben Fountain, wat uiteraard vanuit ‘n linkse oogpunt skryf, is die politiek selfs in Reagan se dae gekenmerk deur “gekodeerde” rasse-elemente. Die blanke Suide, wat erg onder swartes en die sogenaamde “desegregasie” gely het, het in 1948 die Demokratiese Party weens sy toenemende liberalisme verlaat en Republikeins begin stem. Hierna moes die Republikeinse Party voortdurend op ‘n subtiele manier ‘n pro-blanke sein uitstuur, sonder dat die media dit kon opvang. Die skrywer haal vir Lee Atwater – destyds ‘n strateeg in die Reagan-Withuis – aan waar hy die sogenaamde “suidelike strategie” só opsom:

You start out in 1954 by saying ‘nigger, nigger, nigger’. By 1968, you can’t say ‘nigger’ – that hurts you. Backfires. So you say stuff like, uh, forced bussing, states’ rights and all that stuff. You’re getting so abstract now you’re talking about cutting taxes, and all these things you’re talking about are totally economic things and a byproduct of them is blacks get hurt worse than whites. And subconsciously maybe that is part of it. I’m not saying that. But I’m saying that if it is getting that abstract, and that coded, that we are doing away with the racial problem one way or the other. You follow me – because obviously sitting around saying ‘We want to cut this’ is much more abstract than even the bussing thing, and a hell of a lot more abstract than ‘nigger, nigger’.

In die VSA, nes in Suid-Afrika, draai alle politiek rondom ras. Terwyl dit in die verre verlede gegaan het oor swart “burgerregte” in die Amerikaanse Suide, het dit tans te make met blanke oorlewing in ‘n “gekleurde wêreld”, dít wat Lothrop Stoddard en ander Amerikaners in die twintigjare voorspel het in boeke soos The Rising Tide of Color Against White World-Supremacy.

Die ANC-SAKP is wesentlik ‘n terroriste-organisasie wat nooit Suid-Afrika moes regeer het nie. Mev. Thatcher was reg toe sy gesê het dat hul ondersteuners in die Weste kranksinnig was. Sy en mnr. Reagan was die enigste Westerse leiers wat helder genoeg was om te kon insien op watter ramp radikale, linkse en antiblanke regering in Suid-Afrika sou afstuur.

Donald Trump volg so reg in Reagan se voetspore. Hier van die kantlyn af, behoort Afrikaners hom toe te juig, al is ons net ‘n klein groepie. Die res van Suid-Afrika, en veral natuurlik die Verraaierkaners, sal ons altyd met dieselfde teerkwas van “fascisme” en “rassisme” toetakel as waarmee hulle Trump probeer swartsmeer.

Maar soos wat iemand nou die dag twiet:

Inderdaad raak verguising as “rassis”, “fascis” en “Nazi” deesdae op ‘n manier deel van die blanke identiteit. Selfs liberale en linkse blankes word gereeld as “rassiste” uitgeskel.

Met sy geniale sin vir bemarking, het Trump dit ingesien en die “reserweweermag van armblankes” waarvan Ilana Mercer praat, tot sy mees lojale ondersteuners verhef. Hulle is gewoond daaraan om beledig te word, dus hoe meer die media Trump beledig het, hoe meer kon hulle met hom identifiseer. Hoewel Trump nog niks gesê het wat as openlik pro-blank geïnterpreteer kan word nie, het hy aan die ander kant ook nog niks kwytgeraak wat as antiblank getipeer kan word nie. Anders as mev. Clinton, byvoorbeeld, wat gereeld tirades teen “rassisme” en “blanke bevoorregting” lewer.

Trump sal moet vasbyt. Maar vir die eerste keer sien ek ‘n sprankie hoop op die horison raak. ‘n Trump-Withuis gaan die wêreld verander. En dalk Suid-Afrika daarmee saam. Selfs Europa sal nie ongeskonde gelaat word nie en die nuwe regse partye op die Vasteland mag dalk net vinniger groei. Donald Trump in die Withuis, Marine Le Pen in die Élysées, Geert Wilders aan bewind in Nederland… almal goeie vriende van Wladimir Poetin. Kan u u so iets voorstel?

Onthou net: U het dit hier vir die eerste keer gelees.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.