Speaker wat oor sy vrou ry se moordverhoor uitgestel

Deel op

Die moordverhoor van die bruin speaker van die Kara Hais-munisipaliteit in Upington, Thomas Basson, is tot Vrydag uitgestel.

Basson het na bewering met sy voertuig oor sy vrou gery.

Hy is aanvanklik in hegtenis geneem op `n aanklag van strafbare manslag, maar die aanklag is nou na moord verander.

Basson het tydens sy inhegtenisneming verlede jaar beweer dat hy per ongeluk sy vrou vir ‘n hond aangesien het.

Basson is toe van strafbare manslag aangekla, het ‘n polisiewoordvoerder, lt Olebogeng Tawana gesê.

‘n Lykskouing wat uitgevoer is op sy vrou, het egter aangetoon dat sy na bewering verwurg is nog voordat die motor oor haar gery het.

Daarna is die aanklag verander na moord in plaas van strafbare manslag.

Basson is ook aangekla van dwarsboming van die gereg omdat hy na bewering gepeuter het met die misdaadtoneel.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.