DA-leier beboet oor versuim om borgskappe te verklaar

Deel op

Mmusi Maimane, DA-leier, is skuldig bevind omdat hy versuim het om sy borgskappe te verklaar, het ‘n parlementêre subkomitee oor etiek en ledebelange bevind. Hulle het aanbeveel dat Maimane beboet word.

Maimane is saam met nog ‘n DA-LP, Makashule Gana, skuldig bevind. Hulle is glo per brief ingelig dat hulle teen die straf kan appelleer.

Parlementslede moet elke jaar hul belange verklaar.

Nie Maimane of ander lede van die party wou nie kommentaar lewer op die skuldigbevinding nie.

Die ANC het in November die klagte teen Maimane en ander DA-lede ingedien nadat hulle glo nie al hul finansiële belange verklaar het nie.

Die lede het borgskappe ontvang in aanloop tot die DA-leierstryd in 2015.

Maimane, wat verklaar het hy het “niks om weg te steek nie”, moes later erken dat dit ’n “ernstige oorsig” was.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.