Indië ontplooi elitetroepe by Paksitanse grens

Deel op

Indië het elite veiligheidsmagte in die westelike deelstaat, Gujarat ontplooi ná ‘n intelligensieverslag aangedui het dat tien militante moontlik die grens vanaf Pakistan oorgesteek het.

Veiligheidsmaatreëls by sleutelinstansies is eweneens opgeskerp, het AFP berig.

Gujarat is die tuisstaat van die Indiese eerste minister, Narendra Modi. Die deelstaat is in 2008 deur ’n reeks bomontploffings geskud waarin minstens 45 mense dood is.

Veiligheidspersoneel het besoekers buite hotelle, rolprentteaters en winkelsentrums deursoek. Die ondersoeke is gebeeldsend.

Senior polisiebeamptes is in kennis gestel dat hulle verlof opgeskort is en dat hulle vir diens moet aanmeld. Hulle is aangesê om verdagte optrede te rapporteer.

Die vrees bestaan dat lede van die verbanne militante organisasie, Lashkar-e-Taiba, die land deur die Koesj-distrik kon binnegekom het.

Indië beskuldig Lashkar-e-Taiba (LeT) van die 2008 Mumbai-aanvalle waarin 166 mense dood is. Pakistan se regering het ook ’n verbod op LeT geplaas, maar ’n aantal van die organisasie se leiers is nog op vrye voet.

In 2002 is die deelstaat deur godsdiensgeweld geteister waarin meer as ’n duisend mense dood is. Die slagoffers was meestal van die Moslem-minderheid.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.