Benin se president lê die tuig neer

Deel op

Kiesers in Benin het dié naweek gaan stem in ’n verkiesing om pres. Thomas Boni Yayi te vervang, wat na sy tweede ampstermyn die tuig neerlê.

Altesaam 33 kandidate ding mee om die mag in die klein Wes-Afrikaland.

Benin is ’n kantoenproduserende land, maar die ekonomie sukkel, deels vanweë die val in die olieprys, wat die land se reusebuurstaat, Nigerië, knou.

Die sleutelvraag vir kiesers is wie van die kandidate die bevoegdste is om werkgeleenthede te skep en die onderwysstelsel te verbeter.

Deur sy posisie prys te gee soos die wet vereis, het Boni Yayi soos sy mede-leiers in Burundi, Rwanda en die Kongo gewys dat hulle nie termynperke sal omseil om langer aan die mag te bly nie.

Die land hou sedert 1991 verkiesings nadat die diktatorskap oorgeskakel het na ‘n sogenaamde veelparty-demokrasie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.