Karel Combrinck: Donald Trump – iets nuuts?

Deel op

Die meeste van ons sal seker uitsien na ‘n suksesvolle kandidatuur vir mnr Trump in die komende presidentsverkiesing. Ons weet natuurlik nog nie presies wat hy gaan doen en sê as hy eers president is nie, maar die voorlopige tekens lyk belowend.

Nou moet ons egter nie die fout maak om te dink dat mnr Trump se verkiesing ‘n uitgemaakte saak is nie, want mnr Trump het sterk, maar ook swak elemente in sy mondering en soos dit dikwels gaan, kan sy sterk punte ook mettertyd teen hom werk. In elk geval moet daar nog baie water in die see loop voor die presidensiële verkiesing uiteindelik oor agt maande plaasvind.

Mnr Trump se sterkste punt, behalwe uiteraard sy persoonlikheid, is die feit dat hy onafhanklik is van ryk borge en dat hy self vir sy verkiesingsveldtog kan betaal. Hy hoef dus nie die rituele agteroorbuigings te maak voor die borge en ander lobbies nie waarvan sommige, soos ons weet, magtiger is as ander. Dit lyk reeds duidelik dat mnr Trump ‘n nuwe rigting gaan inslaan bv. wat betref vriendskaplike betrekkinge met Rusland en ‘n meer ewewigtige beleid ten opsigte van die Midde-Ooste.

Pas weer kwaak Leëpot Scholtz weer die Navo-bevelvoerder genl Philip Breedlove se verklaring na dat Rusland doelbewus die situasie in Sirië vererger ten einde ‘n verleentheid vir Europa te skep. Duidelik wil die Amerikaanse establishment van mnr Poetin ‘n muishond maak en vyandigheid teenoor Rusland aanstook ten einde munt daaruit te kan slaan. Ons sien dit mos ‘n tydlank al aankom.

Donald Trump se sterkste punt is dus sy finansiële onafhanklikheid. Terselfdertyd is dit ook vir hom ‘n bedreiging aangesien sy onafhanklike beleid, veral ten opsigte van betrekkinge met Rusland, die gevaar inhou om die multimiljard industrieel-militêre belangegroep teen hom die harnas in te jaag; hulle jeuk vir ‘n konfrontasie met Rusland. Dit sal welkome nuus wees indien mnr Trump aan hierdie gevaarlike spiraal ‘n einde kan maak.

Die feit dat mnr Trump niks benodig van die groot geldlobbies nie en dus geen beloftes aan hulle hoef te maak nie, beteken ook dat hulle geen belang het om hom te steun nie en eerder daarby mag baat om Hillary Clinton te steun wat by uitstek ‘n kandidaat vir die miljoenêrs is. Mnr Trump se onafhanklikheid maak dus dat hy gevaar loop om die steun van die miljoenêrs aan beide die Republikeinse en Demokratiese kant te verloor. Hy is ongetwyfeld van hierdie moontlikheid bewus, maar dis ‘n risiko waarmee hy bereid sal moet wees om saam te leef ten einde onder die diktate van die geldlobbies uit te kom. Op sterkte van sy finansiële krag kan hy bekostig om die steun van die geldmagte te ontbeer. Weens die meer populistiese aard van sy verkiesingsveldtog het hy aan die ander kant dalk ‘n beter kans as sy opponente om die populêre stem te trek.

Niks is egter seker nie. Mnr Bernie Sanders, die ander mededinger aan Demokrate-kant, het pas op Super-Dinsdag veld verloor teen Hillary Clinton weens die negerstem in die suidelike state. Die feit dat mnr Sanders ‘n kampvegter vir die gewone mense teen die groot geldmagte is, het skynbaar aan die swart steun vir Clinton geen verskil gemaak nie.

‘n Sleutelfaktor in Amerikaanse presidentsverkiesings die afgelope dekades en nog ‘n area waar mnr Trump nie te sterk staan nie, is dus die negerstem. Die Amerikaanse negerbevolking staan op vyftigmiljoen en die Latino’s (Spaanssprekendes) is nog meer. Normaalweg is die stempersentasie onder negerkiesers laag. Met die laaste twee presidentsverkiesings en Obama as kandidaat het hulle egter bankvas vir die swart kandidaat gestem. Dit beteken terselfdertyd dat hulle nou ontdek het dat hulle stem in ‘n presidentsverkiesing beslissend is.

Dis onwaarskynlik dat die meerderheid Negers en Latino’s vir mnr Trump sal stem en om die verkiesing te kan wen, sal hy dus die steun van die oorgrote meerderheid van die blanke kiesers op hom moet verenig. Gaan hy daarin slaag ? Kom ons hoop maar so. ‘n Feit wat mnr Trump onder oë sal moet sien, is dat die negerstem voortaan bepaal wie die president van Amerika is. Waarop dit neerkom, is dat ‘n minderheid inderdaad beslis wie die meerderheid regeer. Dit beteken terselfdertyd ook dat die Amerikaanse demokrasie besig is om te faal. Kom ons hoop maar mnr Trump is nie die slagoffer daarvan nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.