Leon Lemmer: Carla Bruni en Sarah Palin: politiek en skoonheid

Deel op

Daar was ‘n tyd toe taamlik algemeen aanvaar is dat Sophia Loren (gebore in 1934) die mooiste vrou op aarde is. In die jare vyftig en sestig het sy sterk mededinging van ‘n ander Italiaanse filmster, Gina Lollobrigida (gebore in 1927), ondervind. Loren het intussen oud geword. Sy het onlangs ‘n leesbare outobiografie oor haar eertydse glorie gepubliseer: Yesterday, today, tomorrow: My life (2014).

In die politieke arena het uitsonderlike mooi vroue periodiek hulle opwagting gemaak. Margaret Trudeau (gebore in 1948) was ‘n hippie/blommekind wat eensklaps die vrou (1971-1984) van die Kanadese eerste minister (1968-1979, 1980-1984), PierreTrudeau (1919-2000), geword het. Maar ‘n ernstige sielsiekte het spoedig die oorhand oor haar gekry. Sy het daaroor in haar outobiografie, Changing my mind (2010), geskryf. Onlangs het sy verdere inligting in haar boek, The time of your life (2015), verskaf. Haar oudste kind, Justin (gebore in 1971), is tans die Kanadese eerste minister.

Carla Bruni

Carla Bruni (gebore in 1967) is ‘n pragtige vlinder wat steeds vlieg en goed kan sing. Sy word ‘n “singer-songwriter” genoem. Sy is sedert 2008 die vrou van ‘n vorige Franse president (2007-2012), Nicolas Sarcozy (gebore in 1955). Albei is deels Joods, maar hulle is Rooms-Katolieke. ‘n Mens kan wonder hoe so ‘n lelike mannetjie so ‘n mooi vrou, wat heelwat langer as hy is (1,77 meter teenoor 1,65 meter), kan hê. Daardie verhaal word in hierdie boek vertel: Yves Azeroual & Valerie Benaim, The true story of Carla and Nicolas (London: Cutting Edge Press, 2011, 131p; Amazon Kindle $7,40). Soos uit die boektitel afgelei kan word, is die teks in die tradisie van poniekoerante en (sommige) vrouetydskrifte geskryf; dus “keyhole journalism” (Kindle 951).

Carla se ma, Marisa Borini, was ‘n konsertpianis en Frans. Carla se amptelike pa, Alberto Bruni Tedeschi, was ‘n komponis van klassieke musiek en Italiaans. Haar biologiese pa is die Italiaan Maurizio Remmert, ‘n Brasiliaanse kruideniersmagnaat, met wie Marisa ses jaar lank ‘n verhouding gehad het. In 1975 het die Tedeschi’s uit Italië na Frankryk getrek. Hulle is stinkryk. Na ‘n skoolloopbaan in Switserland en onvoltooide studie in die skone kunste en argitektuur het Carla ‘n model en mettertyd ‘n skatryk supermodel geword. “She has long legs and eyes that would grace a cat” (1706). “By 1993, she is one of the catwalk elite” (1786). Daarna, in 1998, het haar musiekloopbaan begin. ‘n Italiaanse koerant het haar beskryf as “a millionaire, a caviar eating lady of the left” (986). ‘n Jaar later het sy weens ‘n gebrek aan selfvertroue psigo-analise ondergaan. “[Analysis] stops you stopping yourself from living” (3170).

Carla is deel van “a family that is not strangled by bourgeois conventions” (2010). Sy is “no-one’s idea of a nun” (131). In een van haar vele verhoudings, met die filosoof Raphaël Enthoven, het sy ‘n seun, Aurélien (gebore in 2001), gekry. Donald Trump is een van haar vorige minnaars (350, 1841). ‘n Ander een sê: “Like Venice I find her serene, elegant and out of time” (1757). “She was almost born flirting … ‘I was very much a flirt when I was a young girl and I really liked it … It’s very much a general attitude in life'” (359). “She is a free spirit … she has been monogamous from time to time, but prefers polygamy and polyandry” (478). Carla: “I did experiment with various drugs” (1659). Na haar troue met Nicolas is van Carla gesê: “the President of the Republic is her weed substitute” (2631), want die titel van een van haar liedjies is: “I love my weed” (2642). Carla se broer, Virginio (1959-2006), is weens vigs dood.

Nicolas Sarcozy is van Hongaarse afkoms. In sy eerste huwelik (1982-1996) het hy 2 kinders verwek en in sy tweede huwelik (1996-2007) nog ‘n kind. Vier weke na sy egskeiding het Nicolas en Carla op 14 November 2007 die eerste keer ontmoet en is op 2 Februarie 2008 getroud. By Nicolas is die haastige huwelik gemotiveer deur sy poging om te (probeer) vergeet van sy tweede vrou, Cecilia, ‘n oud-model, wat met ‘n ander man weggeloop het. ‘n Dogter, Giulia (gebore in 2011), is uit Nicolas en Carla se huwelik gebore.

In die politiek beklee Nicolas die Gaullistiese middelgrond (456) en hy neig om soms selfs konserwatief te wees (2092, 2479). Cecilia het prontuit gesê: “I’m not politically correct” (932). Carla, daarenteen, is (ekstreem) links. “Her intellectual identification with the left is absolute” (456). “I attach no importance to questions of nationality or language” (1667). “I will always vote for the left. My parents also always voted for the left. It is our tradition. I will never vote for the right” (1890). Sy is teen maatreëls wat die instroming van immigrante na Frankryk beperk. “To get into France people will have to be whiter than white. I hate this policy because it distinguishes between people” (1920). Nicolas kompartementaliseer hulle politieke oortuigings. Ter wille van hulle huweliksgeluk laat Nicolas vir Carla baie vryheid toe; ook in die politiek. Van Nelson Mandela het sy gesê: “I always had immense admiration for this man” (2844) en “I hope to do things that help humanitarian causes, and my husband will assist me in that” (2854). Na mate sy ouer geword het, het haar oortuigings minder buitensporig geword. “The right are impressed by her presence, her allure; the left likes her artistic, bohemian side” (3159).

In Engeland is van Carla gesê: “She is the new Diana” (2919). Gedurende hulle eerste jaar in die Elysées-paleis, 2008, het Nicolas en Carla ‘n tweedaagse besoek aan Suid-Afrika gebring. Thabo Mbeki “is obviously smitten … ‘She is beautiful and I am very happy to have made her acquaintance. I wanted to tell her that she is welcome to come to South Africa alone. She does not have to wait for Nicolas’ next official trip’. Sarkozy replies to this rather outrageous Presidential flirtation with great finesse. ‘Mr President, you too have an enchanting wife and if you knew her better, you would see that she can sing as well as Carla’, Sarkozy smiles at the bemused Mbeki as he ladles on the flattery. Then he turns to his wife, and says, like any caring husband would: ‘We will come back. But together'” (2825). Dit lyk asof Mbeki verlang het na die wit vroue waarmee hy verhoudings gehad het (Mark Gevisser, Thabo Mbeki: The dream deferred, Johannesburg: Jonathan Ball, 2007, 650p; Amazon Kindle $9,89), bv Ann Nicolson in Johannesburg (Kindle 3455) en Moskou (5938, 6242); Philippa Ingram aan Sussex-universiteit (4431, 4542, 5295); en ‘n anonieme Russiese meisie waarop hy verlief was (6268).

Hier sing Carla Bruni ‘n liedjie in die Olympia-teater in Parys.

Sarah Palin

Dat skoonheid politieke relevansie kan hê, is eintlik voor die hand liggend. ‘n Man wat ‘n loopbaan in die politiek het se beeld of aansien kan met ‘n mooi vrou aan sy sy aansienlik verbeter word. Dit was/is die geval met sowel Pierre Trudeau as Nicolas Sarcozy. ‘n Ander moontlikheid is dat die mooi vrou self die politikus is. Dit is die geval met Sarah Palin (gebore in 1964), wat eens die aktiefste mooi-vrou-vulkaan was, maar haar ster het sedertdien ietwat verskiet. Sy kan nie ‘n Ronald Reagan wees nie en het ook nie die geestelike breedte en diepte van bv Barry Goldwater of Patrick Buchanan nie. Maar sy kan moontlik ‘n beter Amerikaanse president as Jimmy Carter of Barack Obama wees.

In Brion McClanahan se 9 presidents who screwed up America and four who tried to save her (Regnery History, 362p; Amazon Kindle $18,46), wat op 8 Februarie gepubliseer is, word die volgende as opneukers geëtiketteer: Andrew Jackson, Abraham Lincoln (Obama se held), Theodore Roosevelt, Woodrow Wilson, Franklin D Roosevelt, Harry S Truman, Lyndon B Johnson, Richard M Nixon en Barack Obama. Die vier wat gunstig bejeën word, is: Thomas Jefferson, John Tyler, Grover Cleveland en Calvin Coolidge. Die outeur sou graag hierdie twee lysies wou uitbrei. Dan sal daar sekerlik plek vir die patetiese Jimmy Carter, die skrywer van bv Palestine: peace not apartheid (2006), ingeruim word.

Sarah, gebore Heath, is van Engelse, Ierse en Duitse afkoms en het in 1982 haar skoolloopbaan voltooi. Daarna het sy ses kolleges/universiteite bygewoon voordat sy in 1987 ‘n graad voltooi het. In 1988 is die swanger Sarah met Todd Palin getroud. Hy was ‘n lid van die politieke party wat onafhanklikheid vir Alaska voorstaan en Sarah het simpatie hiermee. Hulle het vyf kinders: Track en Trig (seuns), asook Bristol, Willow en Piper (dogters). In 1992 het haar politieke loopbaan as stadsraadlid van Wasilla, naby Anchorage in Alaska, begin. Van 1996 tot 2002 was sy Wasilla se burgemeester en van 2006 tot 2009 die goewerneur van Alaska. In 2008 het sy as die visepresidentskandidaat van John McCain bekendheid verwerf. Maar die McCain-kamp het die toegang van joernaliste tot Sarah sover moontlik beperk omdat gevrees is dat Sarah se uitlatings die McCain-veldtog sou benadeel.

Daarna het Sarah deelgeneem aan veldtogte van die konserwatiewe Tea Party, asook die Pink Elephant Movement, wat die kandidatuur van vroue in die Republikeinse Party bevorder. Sedert die verkiesing van die eerste swart Amerikaanse president word sterk druk vir die eerste vrouepresident uitgeoefen. Vanjaar het Sarah haar steun aan Donald Trump, ‘n aspirant presidentskandidaat van die Republikeinse Party, toegesê. Daar is sprake dat sy Trump se visepresidentskandidaat kan word. ‘n Trump-Palin-alliansie sal die Amerikaanse politiek baie interessanter maak, maar die vraag is of die gedrag van hierdie twee, wat soms neig om soos ongeleide missiele te wees, tot heil van Amerika sal strek. Maar ‘n mens moet ook rasioneel weerstand bied teen die oorweldigende en dikwels onverdiende kritiek wat in die hoofstroom-inligtingsmedia teen Trump en Palin uitgespreek word.

Sarah word heftig in die Amerikaanse media gekritiseer. Sy verwys na die “mainstream media” as “lamestream media”. Enigeen wat in die Amerikaanse politiek konserwatief of regs en daarby godsdienstig is, moet kwaai kritiek verwag. Sarah se ma was ‘n Christian Scientist, maar sy verkies charismatiese kerke. In die geval van die Palins is huismoles ‘n bydraende faktor tot kritiek. In 2008 het Sarah by openbare politieke byeenkomste glad nie swanger gelyk nie. Tog het sy in daardie jaar geboorte aan Trig, ‘n baba met Down-sindroom, geskenk. Sarah is sterk teen aborsie gekant. Daar word beweer dat sy opsetlik toegelaat het dat die kind gebore word om te bewys hoe standvastig sy in haar oortuigings is.

Sommige het beweer dat dit eintlik haar tienerdogter, Bristol (gebore in 1990), se kind is. Maar Bristol het in 2008 self geboorte aan ‘n seun, Tripp, geskenk. Bristol was toe verloof. Later was Bristol aan ‘n ander man verloof en het in 2015 ‘n dogter, Sailor, by hom gekry. Sy voer nou ‘n veldtog teen tienerswangerskappe: “Pause before you play”. Bristol se openbare aansien is verder aangetas toe sy in die openbaar dronk was. Naas die twee kleinkinders wat Bristol aan Sarah besorg het, het haar seun, Track, ook ‘n kind. Hy was in die nuus omdat hy sy vriendin tydens dronkenskap aangerand het (Die Burger, 21 Januarie, p 10). Sedert sy skooldae het Track drank- en dwelmprobleme. Dit is waarom sy ouers hom verplig het om na sy skoolloopbaan by die weermag aan te sluit. Sarah het dit polities misbruik deur te verkondig dat sy ‘n seun in Irak het wat vir Amerika veg. “She uses them shamelessly, from Track in his uniform to Trig in his diapers. But it’s all just part of the show” (Joe McGinniss, bron hier onder, Kindle 1673). Dit is hierdie soort stories waarop die poniepers teer.

Daar is twee boeke wat min of meer dieselfde kritiese benadering tot Sarah het, Geoffrey Dunn, The lies of Sarah Palin: The untold story behind her relentless quest for power (2011, 465p) en Joe McGinniss, The rogue: Searching for the real Sarah Palin (New York: Crown Publishers, 2011, 336p; Amazon Kindle $12,99). Ek het laasgenoemde boek gelees omdat ek gehoop het dit sou meer objektief as Dunn se boek wees. In werklikheid het albei net kritiek op en geen lof vir Sarah nie. McGinniss se teks steun sterk op wat skindertonge, “that can leave you reeling from intimate information overload” (Kindle 150), te sê gehad het. Die Wikipedia-artikels werp dikwels ‘n ander lig op sake. Nogtans is dit ‘n feit dat McGinniss die onderwerp deeglik nagevors het. As die Palins se buurman in Wasilla het hy maande lank plaaslik ondersoek ingestel. Maar ek kan die boek nie as ‘n aangename leeservaring aanbeveel nie. In wat volg, onderskei ek nie tussen wat McGinniss of sy informante beweer nie.

Daar word graag beweer dat Sarah se man, Todd, ‘n Eskimo is, al is dit net een agste die geval. (Eskimo’s word deesdae Sami genoem danksy pogings om die aansien van alle etniese groepe, sonder inagname van verdienste, ‘n bietjie op te kikker.) “Given the racism rampant in Wasilla – then and now – it was a tricky thing to be just Native enough to seem glamorous, but not so Native that it was obvious. Todd could easily pass for all white” (320). “Todd was a racist bully” (333). “When he gets drunk he starts talking like a Native” (327). Hy is al weens dronkbestuur gearresteer. Todd en Sarah was saam op skool. “Sarah was hardly an intellectual” (339) en Todd is dit nog minder. “Sarah becoming governor was an insult to educated women” (1539). “She doesn’t belong leading people; she’s just not smart enough. She has no intellect and no interest in learning” (2075). Televisie-demokrasie het Sarah se politieke loopbaan moontlik gemaak; dus die visuele indruk wat sy wek eerder as wat sy sê. “She’s unlike anything seen before in American political history” (481).

“It’s never been a happy marriage … Part of the problem was Sarah’s lack of domestic skills … She’d burn water. Another sticking point was her lack of enthusiasm for child rearing” (732). Todd moes die kinders grootmaak. “Those kids never had any parenting, they had to raise each other. And look how it’s turned out” (1673; ook 2111). Daar word ook geskinder dat albei buite-egtelike verhoudings het. “And her so-called family values? After the way she’s neglected her own kids?” (1231). Terwyl sy burgemeester en later gowerneur was, was daar allerhande aantygings van baantjies vir boeties, korrupsie, intimidasie om haar en Todd se wil af te dwing, ens. Todd het vir ‘n oliemaatskappy gewerk en het ook ‘n visonderneming. Die dorpie Homer word beskryf as “A quaint little drinking village with a fishing problem” (3421).

Naas haar afwysing van aborsie is Sarah ook teen selfdegeslaghuwelike en die wettiging van dagga gekant (al het sy in haar jeug met dwelms geëksperimenteer). Sy is ten gunste van die doodstraf. Sy glo dat alle verantwoordelike persone geregtig op die besit van vuurwapens is. (In Alaska word daar nog op groot skaal gejag.) Volgens haar behoort kreasionisme naas biologiese ewolusie in skole onderrig te word. Sy is gekant teen Barack Obama se sosialistiese gesondheidsorgplanne. Sy wil hê Amerika moet militêr sterk bly. Sy ondersteun die inval in Irak en die Amerikaanse teenwoordigheid in Afganistan en sy skaar haar aan die kant van die Israeli’s in hulle stryd teen die Palestyne.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.