Mugabe konfiskeer diamantmyne

Deel op

President Robert Mugabe van Zimbabwe het bekendgemaak dat sy regering van nou af in besit van alle diamante in die land sal wees, het RSG berig.

Dit volg ‘n week nadat die land se ministerie van mynwese opdrag aan mynmaatskappye gegee het om hul bedrywighede te staak en die Marangevelde te verlaat.

Mugabe voer aan dat die mynmaatskappye die land van sy welvaart beroof het. Volgens Mugabe is diamante ter waarde van meer as 15 miljard dollar in die oorstelike myngebied gesteel.

Die Zimbabwiese president het tydens ‘n twee-uurlange onderhoud op staatstelevisie dit duidelik gestel dat die staat nou alle diamante in die land besit.

Verskeie buitelandse mynmaatskappy het reeds met regsoptrede teen die Zimbabwiese regering in die verband begin.

Zimbabwe is die agtste grootse diamantprodusent in die wêreld.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.